Welcome
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Eerstejaarsakademie

Die Eerstejaarsakademie (EA) is 'n omvattende Universiteits­inisiatief wat daarop konsentreer om die sukseskoerse van eerstejaarstudente te verbeter en die gehalte van studenteleer te versterk.

Om hierdie doelwit te bereik, fasiliteer die EA 'n verskeidenheid programme en aktiwiteite wat met eerstejaarsukses verband hou en skep geleenthede vir fakulteite en steundienste om in 'n geïntegreerde struktuur saam te werk. Sodoende bied die EA 'n unieke en toegespitste omgewing waarin eerstejaars kan presteer.

Die EA is 'n universiteitswye poging om met behulp van 'n verskeidenheid navorsingsaksies, programme en projekte, sukseskoerse van eerstejaars te verbeter. Elke fakulteit het programspesifieke aksies wat direk sal bydra tot die beter akademiese resultate van eerstejaars. Daar is 'n verskeidenheid moniteringsmeganismes wat met behulp van elektroniese kommunikasiesisteme studente, onder andere, vroegtydig sal waarsku en terselfdertyd na toepaslike hulp sal verwys. Verder is daar in die breër leefwêreld van die student, soos in koshuis- en PSO konteks, inisiatiewe wat ook daarop ingestel is om die totale student te ontwikkel, te ondersteun en af te rond vir suksesvolle toetrede tot die wêreld van werk.

Op wie is dit gerig?

Alle nuweling eerstejaarstudente, sowel as alle fakulteitspersoneel en personeel van afdelings wat by eerstejaarstudente betrokke is. Die EA se doel is om alle eersjaarstudente te ondersteun – veral in hulle strewe na sukses. Moenie wag nie, vra betyds hulp en ervaar 'n gelukkige en produktiewe studietydperk op Stellenbosch!