Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

4. Hoe die US ons studente ondersteun

 

Die #FeesMustFall-beweging verlede jaar het die werklikheid van Suid-Afrika se ongelyke samelewing uitgelig en die aandag gevestig op die behoefte aan hoër onderwys van uitnemende gehalte om ‘n opgeleide werksmag te lewer en sodoende tot die land se vooruitgang by te dra.

In die huidige ekonomiese klimaat en die groeiende druk op die regering om werksgeleenthede te skep en ontwikkeling te bevorder, is gratis hoëronderwys nie tans haalbaar nie. Totdat alternatiewe en volhoubare oplossings gevind word, het universiteite nie ‘n ander opsie as om studie- en akkommodasiegelde aan te pas nie.

Die Universiteit Stellenbosch, en die hoëronderwyssektor oor die algemeen, erken die ongelyke aard van die Suid-Afrikaanse samelewing, met ’n hoërmiddelklas en welgestelde groepe wat universiteitsonderrig kan bekostig. Terselfdertyd is daar ’n groot komponent van finansieel behoeftige studente wat nie self hulle eie studiekostes kan betaal nie. Ons besef dat studiegelde ‘n groot bekommernis is vir baie studente en hul families. Die US glo egter nie dat gratis hoëronderwys tans prakties moontlik is nie.

Die US ondersteun en volg ʼn gedifferensieerde benadering, met die fokus op finansiële ondersteuning vir akademies-verdienstelike, arm studente:

  • Studente uit huishoudings met ʼn gesamentlike inkomste van R600,000 of meer per jaar, is in ʼn beter posisie om studiegeld te kan betaal.
  • Vir huishoudings in die inkomstegroep tussen R240 000 en R600 000 bied die US wisselende ondersteuning.
  • Vir alle studente uit huishoudings met ʼn gesamentlike inkomste van minder as R240 000 per jaar, ʼn groep wat deel uitmaak van die sogenaamde “missing middle” of verlore middelgroep wat nie vir NSFAS-befondsing in aanmerking kom nie, bied die US beurse aan. Studente moet hiervoor aansoek doen. 
  • Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) ondersteun studente uit huishoudings met ʼn gesamentlike inkomste van minder as R122 000 per jaar.
    • Statistiek oor beurse (2015 data):
      • 24% van alle studente ontvang beurse

      • Gemiddeld 78% van alle studiegelde word deur beurse gedek
      • Beursgeld wat in 2015 deur die US uitbetaal is: R658,7 miljoen
        • R402,8 miljoen het uit eie fondse en navorsingskontrakte gekom (R115 miljoen is van die hoofbegroting toegewys)
        • R255,9 miljoen as agent (NSFAS ingesluit)
        • Van spesifieke belang is die sogenaamde “missing middel” of verlore middelgroep studente, wat nie vir NSFAS-befondsing kwalifiseer nie, maar wat ook nie studiegeld kan bekostig nie. Die jaarlikse huishoudelike inkomste vir dié groep wissel tussen R122 000 en R600 000. Die US bewillig beurse vir alle studente met ‘n huishoudelike inkomste van tussen R122 000 en R240 000 per jaar. Studente in die groep tussen R240 000 en R600 000 word wisselend ondersteun. Sulke inisiatiewe sal egter in die gevaar gestel word indien die US se jaarlikse inkomste nie toeneem nie.

           

Die tabel hierbo illustreer die geraamde “missing middle” of verlore middelgroep (gebaseer op aansoeke ontvang).

 

Die tabelle hieronder toon die toename in beurse wat die afgelope paar jaar toegeken is.