Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

7. Impak van die 2016 #FeesMustFall-veldtog en 0% styging

  • By die US beloop die begrotingstekort vir die hoofbegroting (R85,3 miljoen) en akkommodasie-begroting (R28,2 miljoen) vir 2016 R133,5 miljoen.
  • Die US het ’n bydrae van R79,2 miljoen van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding ontvang om ’n gedeelte van dié tekort vir 2016 te befonds.
  • Die balans van die tekort in die hoofbegroting word befonds deur begrotingsnitte in sekere institusionele kostes (R10,4 miljoen) en ‘n bydrae uit die Raad se diskresionêre fondse (R15,2 miljoen). Die balans van die tekort in die akkommodasie-begroting (R8,3 miljoen) is uit die akkommodasie-reserwes aangevul.
  • Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding het R2,33 miljard voorsien vir die totale tekort vir die sektor vir 2016, met inflasie-aanpassings vir 2017 en 2018. Dit beloop R2,6 miljard vir 2017 en vir 2018 ’n bedrag van R2,8 miljard (hoof- en akkommodasiebegroting.