Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Homi Bhabha besoek die Universiteit Stellenbosch
Outeur: Corporate Communications / Korporatiewe Kommunikasie
Gepubliseer: 11/08/2017

Professor Homi Bhabha, die wêreld voorste na-koloniale literêre teoretikus en Direkteur van die Mahindra Geesteswetenskappe-sentrum by Harvard Universiteit, besoek die Universiteit Stellenbosch volgende week. 

·       Prof Bhabha is beskikbar vir media-onderhoude op 16 Augustus van 14:00 – 15:30

 

Twee geleenthede is oop die publiek en die media:

 

1. Op 16 Augustus (sien inligting aangeheg), sal prof Bhaba in gesprek tree met emeritus professor Njabulo Ndebele, Voorsitter van die Nelson Mandela-sentrum vir Herinnering asook digter en skrywer. Die geleentheid vind om 17:30 plaas in die Attie van Wijk-ouditorium, Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch.

2. Vroeër die middag (ook op Woensdag 16 Augustus) sal prof Bhabha in gesprek tree met prof
Tamar Garb van die Universiteitskollege van Londen en die kunstenaar Sue Williamson (inligting aangeheg). Die geleentheid sal ook 'n vertoning insluit van Sue Williamson se 2-kanaal video-kuns installasie (oftewel 2-channel video art installation), It’s a pleasure to meet you. Candice Mama, ʼn jong vrou wie se pa deur Eugene de Kock vermoor is, en wat De Kock vergewe het en ʼn veldtog geloods het vir sy vrylating op parool, sal ook ʼn gasverskyning maak. Die geleentheid vind om 12:15 in die Scholtz-saal, Universiteitsmuseum, Ryneveldstraat 52, in Stellenbosch plaas.