Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die US se eerste ‘MOOC’ skop af
Outeur: Corporate Marketing/Korporatiewe Bemarking
Gepubliseer: 16/09/2016

Die Universiteit Stellenbosch (US) se eerste 'MOOC' ('massive open online course') – 'n vier-week kursus oor 'Teaching for Change: An African Philosophical Approach', begin Maandag (19 September).

"Die kursus beoog om 'n Afrika-filosofie van onderwys aan jou bekend te stel, en meer spesifiek, onderrig en leer op die Afrika kontinent," sê prof Yusef Waghid van die Fakulteit Opvoedkunde.

Nagenoeg 2 000 mense het al vir die kursus geregistreer. Nog meer registrasies word verwag gedurende die kursus, sê dr Antoinette van der Merwe, Senior Direkteur: Leer en Onderrigverryking aan die US. Die grootste persentasie van huidige geregistreerde leerders (23%) kom van die Verenigde Koninkryk (VK), gevolg deur Suid-Afrikaners (16%).

enrolment.png

enrolment 2.png

Die kursus word aangebied in vennootskap met FutureLearn, 'n platform vir MOOCs gebaseer in die VK, wat wêreldwyd meer as 2 miljoen geregistreerde gebruikers het. Die kursus behels dat kursusgangers met mekaar en met die kundiges wat die kursus aanbied, in gesprek tree.

  • Lees 'n vroeëre verklaring hier.
  • Kliek hier vir meer inligting of om te registreer.