Jy kan betrokke raak deur jouself en ander oor GBG op te voed en aktiwiteite te ondersteun wat deur verskeie strukture en departemente by die Universiteit gereël word.
Die GBG-sentrum in Idasvallei werk deur sy GBG-Hub met verskeie vennote saam om opleiding en werkswinkels oor GBG-verwante kwessies aan te bied. Die INSPIRE-fasiliteit (inisiatief vir geen geweld, ondersteuning, voorkoming, intervensie, navorsing en opvoeding) is op dieselfde perseel geleë en bied 'n toegewyde ruimte vir opleiding oor teen-GBG, nie-geweld en navorsing oor sosiale verandering. Die INSPIRE-fasiliteit word deur die US se Eenheid vir Gelykwaardigheid bestuur. Klik hier om meer te lees.
Daarbenewens kan jy ook plaaslike organisasies ondersteun wat met slagoffers werk, om jy kan jou tyd vrywillig aanbied en vir beleidsveranderings voorbrand maak.
Bewusmaking deur sosiale media, geleenthede en uitreiking na die gemeenskap kan ook 'n beduidende bydrae tot die stryd teen GBG lewer.