Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​​​

Fakulteitsreëlings vir Uitgebreide Afstandsonderrig, -leer en -assessering (ARTLA)

​​

Metode van leer en onderrig

Die Universiteit Stellenbosch bly ’n residensiële instelling, en ons is van plan om so gou moontlik terug te keer na onderrig van aangesig tot aangesig. Nietemin is ons steeds midde-in die Covid-19-pandemie. Die nasionale ramptoestand is nog nie opgehef nie, en daar is steeds beperkings op die getal mense wat op een slag in klaskamers en ander lokale mag wees.

Wat onderrig en leer betref, het ons dus besluit om met die ARTLA-metode voort te gaan, d.w.s. afstandsonderrig en -leer, wat met soveel moontlik kontaktyd aangevul word. Ons sal hierdie metode vir die hele eerste semester volg. Assessering sal in kontakvorm en onder toesig op kampus plaasvind.

Om studente die beste moontlike kampuservaring te bied, sal ons alle klaskamers en koshuise tot die maksimum toelaatbare kapasiteit benut. Nes in 2020 en 2021 sal fakulteite besonderhede oor die onderrigmetode in elke module op hulle onderskeie webblaaie publiseer. Toegang tot die fakulteitsbladsye kan via die onderstaande skakels verkry word.

In ooreenstemming met ons verbintenis tot data-ingeligte besluitneming, monitor ons die koronavirussiekte-pandemie baie noukeurig om te verseker dat ons veilig op hierdie manier kan voortgaan. Indien daar enige ontwikkelings is wat 'n verandering aan hierdie plan vereis, sal ons u so gou moontlik in kennis stel.