Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​​​

Fakulteitsreëlings vir Uitgebreide Afstandsonderrig, -leer en -assessering (ARTLA)

​​

Die US beplan om vanaf 10 Augustus 2021 ARTLA (Uitgebreide Afstandsonderrig, -leer en –assessering) te volg, soos tydens die eerste semester. Ons sal ’n gedifferensieerde benadering volg wat ’n mengsel van onderrig in persoon, aanlyn en hibridiese leer sal behels. Fakulteite, departemente en steundiensafdelings het intensiewe en gedetailleerde beplanning hiervoor gedoen. Vir verdere inligting oor watter modules in watter formaat in die onderskeie fakulteite aangebied sal word, raadpleeg asb die onderskeie fakulteite se webbladsye deur op die skakel hieronder te klik.

Baie belangrik: Raadpleeg jou fakulteit se webblad gereeld indien die betrokke fakulteit se lys nog nie daar verskyn is nie. Let asb ook daarop dat reëlings weens COVID-19 kan verander.