Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Werkswinkels skakel US-waardes oor in aksie


Die waardes van die Universiteit Stellenbosch (US) hou verband met die oortuigings en houdings wat ons gedrag rig (“ons handelingsriglyne"). Dit verskaf die goue standaard vir die soort gemeenskap wat ons graag wil wees. Gevolglik moet hierdie waardes – uitnemendheid, deernis, billikheid, respek en verantwoordbaarheid – deel uitmaak van hoe ons optree, aansluiting by mekaar vind, besluite neem en etiese uitdagings hanteer.

Die Universiteit se Waardes in Aksie-projek sluit werkswinkels in wat daarop gemik is om personeel en studente toe te rus om waardegedrewe gedrag en leierskap te verpersoonlik.

Temas en vaardighede

Die basiese waardes-in-aksie-werkswinkel stel deelnemers in staat om 'n algemene begrip te kry van die soort universiteitsgemeenskap wat ons graag wil wees, en om vaardighede aan te leer om moontlike waardebotsings te bestuur. Die volgende temas word tydens die werkswinkel bespreek:

  • Die betekenis van waardes;
  • Waardebotsings en hoe om dit op te los;
  • Hoe om waardes te integreer tydens ons optrede en hoe ons by ander aansluiting vind; en
  • Die integrasie van waardes deur leierskap en spanwerk. 

US-personeel word hiermee hartlik uitgenooi om deel te neem aan hierdie reis deur een van die voldag-werkswinkels by te woon.

Hoewel die basiese waardes-in-aksie-werkswinkel binne 'n spesifieke afdeling of departement van die Universiteit gefokus kan wees, is oop werkswinkels ook beskikbaar vir alle personeel. Dit maak interaksie moontlik tussen uiteenlopende individue in 'n verskeidenheid van omgewings.

Die volgende datums is beskikbaar vir oop werkswinkels:

  • 10 April 2024
  • 27 Mei 2024
  • 6 Junie 2024

Ander werkswinkels

Stuur asseblief e-pos na jacolette@sun.ac.za om 'n werkswinkel vir 'n spesifieke afdeling of departement te bespreek.​

Meer inligting

https://www.sun.ac.za/afrikaans/staffnet/Pages/Values-in-action.aspx

https://www.sun.ac.za/afrikaans/staffnet/Pages/Basic-values-in-action-workshop.aspx

RSVP vir werkswinkels

Stuur asseblief teen Vrydag 15 Maart 2024 e-pos na Jacolette Kloppers by jacolette@sun.ac.za om vir ’n werkswinkel te RSVP. Werkswinkels word by die L'Avenir-wynlandgoed naby Stellenbosch aangebied en duur van 08:00 tot 16:30. Meer besonderhede sal aan deelnemers gestuur word.​