Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uitnodiging om Aansoeke in te dien vir FINLO/FIRLT

Die Fonds vir Innovasie en Navorsing in Leer en Onderrig (FINLO) is in 2005 gevestig om dosente te ondersteun in hul onderrigrol en om ‘n positiewe bydrae tot die bevordering van leer en onderrig aan die US te maak.

Hoe om vir FINLO aansoek te doen:

US akademiese- en ondersteuningspersoneel wat verantwoordelik is vir onderrig en leer kan aansoek doen.

Riglyne ten opsigte van die aansoekproses is beskikbaar by:

http://www.sun.ac.za/afrikaans/learning-teaching/ctl/t-l-awards-and-grants/firlt

Ondersteuning vir FINLO word aangebied deur die SOL-adviseur in u fakulteit of enige van die komiteelede soos gelys op die webblad.

Daar word van sukesvolle FINLO applikante verwag om hul navorsingsresultate intern aan te bied ten einde 'n bydrae te lewer tot die akademieskap van onderrig en leer aan die US. Suksesvolle applikante word ook aangemoedig om hul navorsingsresultate in nasionale en internasionale joernale te publiseer.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 6 November 2020

Rig alle navrae aan finlo@sun.ac.za.