Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Ingeskrewe studente

Buiten finansiële hulp het baie eerstejaarstudente uit onderwys-benadeelde gemeenskappe ook akademiese ondersteuning nodig. Die US benader hierdie uitdagings uit 'n holistiese en multi-faset- perspektief met ondersteuning in die akademiese omgewing, maar ook in studente se leefwêreld. Aangesien koshuisstudente akademies beter vaar omdat hulle makliker toegang het tot ondersteuning as byvoorbeeld pendelstudente wat van openbare vervoer afhanklik is, sal die hersiening van die US se koshuisplasingsbeleid – wat  in 2013 afgehandel word -  onder meer die behoeftes van kwesbare studente in ag neem.

'n Hoë deurvloeikoers is om praktiese en finansiële redes van groot belang, en het die Universiteit talle inisiatiewe om te veseker dat studente suksesvol studeer, onder meer danksy verlengde graadprogramme; fasiliteite soos die nuwe AmaMaties-klusterdorpie (oftewel naaf); Luister, Leef en Leer-huise (LLL-huise), die Eerstejaarsakademie, die eerste-generasie-kamp, die jaarlikse verwelkomingsprogram vir nuwelingstudente en die samevoeging van koshuise en privaatwyke in klusters. So word diversiteit bevorder en 'n ryker kampuservaring en studentesukses verseker.

  • Die Eerstejaarsakademie (EA) is 'n virtuele konsep wat bestaan uit ʼn samevoeging van kampuswye maatreëls wat nuwelingstudente help om potensiële uitdagings te oorkom. Hierdie maatreëls sluit in vroeë assessering, onderrig- en leer-koördinasiepunte, tutor- en mentorprogramme, ResEd-programme en beradingsdienste. Die EA was die eerste inisiatief van sy soort in die land toe dit in 2006/7 van stapel gestuur is. Die EA het sedertdien 'n groot rol gespeel in die US se eerstejaar-retensiekoers van meer as 85%.
  • Die AmaMaties-klusterdorpie (hub / naaf) is ʼn unieke leer- en leefsentrum wat die akademiese en sosiale lewe van studente integreer, en ook ʼn ruimte bied waar koshuisbewonders en studente wat privaat woon (PSO-studente) met mekaar kan skakel. Hier vloei leef- en leerruimtes saam. Die hub is ʼn uitvloeisel van die US se unieke Res-Ed program wat gemik is op groter integrasie van PSO-studente se ervaring van die universiteit met dié van studente in koshuise.
  • In LLL-huise woon 'n diverse (verskillende nasionaliteite, rasse, geslagte, agtergronde en studierigtings) groep senior studente saam vir ʼn jaar waartydens hulle gereeld oor 'n spesifieke tema met mekaar in gesprek tree. So word die geleentheid geskep vir die ontsluiting van nuwe idees.  Akademici, entrepeneurs en kundiges word genooi om aan die gesprekke deel te neem. Elke LLL-huis het ook 'n klein gemeenskaps-projek waarby studente betrokke raak.
  • Die eerstegenerasie-kamp is gemik op studente wat die eerste lid van hul gesin is om aan die US te studeer. Hierdie studente word gehelp om verskeie persoonlike en akademiese uitdagings te oorkom en ook die beste geleentheid gebied om in alle sfere van studentelewe suksesvol te wees. Die kamp gee nuwelinge 'n voorsmakie van wat die kampuslewe bied, maar help hulle voorberei vir die eise wat gestel word deur onder meer leierskaps-ontwikkeling, kritiese interaksie, studietegnieke en finansiële bestuur.
  • 'n Diversiteit van idees en standpunte vereis ook 'n internasionale perspektief . Die nagraadse en intenasionale kantoor sien om na die behoeftes van Suid-Afrikaanse studente wat 'n deel van hul program in die buiteland gaan voltooi en internasionale studente wat aan die US kom studeer.
  • The AmaMaties cluster hub is a unique learning and living centre that integrates students' academic and social lives, and offers a space where residence and private (PSO) students are able to interact. Here, living and learning spaces merge. The hub is a result of SU's unique ResEd programme, which is aimed at greater integration of PSO and residence students' university experience.
  • LLL houses are home to a diverse group of senior students (different nationalities, races, genders, backgrounds and disciplines) for a period of one year, during which they have regular house debates on a specific theme. This creates the opportunity for new ideas to be born. Academics, entrepreneurs and experts are invited to participate in the debates. Each LLL house also has a small community project in which residents of the house participate.
  • The first-generation camp is aimed at students who are the first members of their families to study at SU. These students are assisted to overcome various personal and academic challenges, and are offered the best opportunity to succeed in all spheres of student life. The camp provides newcomers with a taste of what campus life has to offer, but also helps prepare them for the demands of being a university student, inter alia through leadership development, critical interaction, training in study techniques and financial management education.
  • Diverse ideas and views also call for an international perspective. The Postgraduate and International Office caters to the needs of South African students who complete part of their programmes abroad, as well as international students who enrol at SU.