Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Studenteprofiel

​​"Ons kan slegs gelukkig voel oor billike toegang wanneer die dogter van die plaaswerker dieselfde toekomsgeleenthede het as die seun van die plaasboer."

- prof H Russel Botman, Rektor en Visekanselier in sy inhuldigingstoespraak in 2007

 

Die US se studenteprofiel het sedert die negentigerjare van die vorige eeu drasties verander. Met die vrylating van voormalige president Nelson Mandela in 1990 was daar 762 swart (generiese term vir swart, bruin en Indiër) studente aan die US, slegs 5.4% van die studentetal. In 2012 was daar 9 221 swart studente by die US ingeskryf. Op voorgraadse en nagraadse vlak maak hierdie groep 33.1% van die studentepopulasie uit.  Die aantal voorgraadse swart studente het gestyg van 25.9% van die studente-totaal in 2012 tot 28.3% in 2013.

Veral in die Fakulteite Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Lettere en Sosiale Wetenskappe en Ingenieurswese het die aantal swart studente toegeneem. Die US se erns met diversiteit word weerspieël in die voorneme om die persentasie voorgraadse swart studente teen 2015 tot 34% van die studente-totaal te verhoog.

Die US volg 'n tweeledige benadering om sy studenteprofiel te diversifiseer. Weens historiese uitdagings in die sekondêre onderwys, het die US sy eie inisiatiewe geloods en ook ander inisiatiewe ondersteun wat graad 11- en graad 12-leerders help voorberei vir universiteitstudie. Hierdie inisiatiwe is daarom gemik op voornemende Studente. Suksesvolle studie in veral die eerste akademiese jaar is vir die US van die allergrootste belang. Verskeie inisiatiewe op kampus bied akademiese steun aan alle ingeskrewe studente, maar dan ook veral aan studente uit onderwys-benadeelde gemeenskappe

 

VOORNEMENDE STUDENTEINGESKREWE STUDENTE