Aanlyn onderrig
vir dosente >
Aanlyn leer
vir studente >
Inligting vir
navorsers >
GEREELDE VRAE
EN ANTWOORDE >

Gereelde Vrae en Antwoorde – Vlak 1 van Inperking

Leerfasilitering en assesserings vir 2020 bly meestal aanlyn

In die lig hiervan is die volgende besluite geneem:

  • Noodafstandsonderrig en -leer sal tot en met die einde van die akademiese jaar die vernaamste onderrig- en leermetode bly. Akademiese departemente en ander entiteite sal studente steeds verskeie vorme van bykomende ondersteuning bied.
  • Kontakklasse sal slegs voortgaan waar alle studente in die betrokke module die lesings kan bywoon, wat slegs in baie klein klasgroepe moontlik sal wees.
  • Soos studente vroeër vanjaar in kennis gestel is, sal die meeste assesserings vir die res van 2020 ook steeds aanlyn geskied.
  • Party jaareindassesserings, veral dié wat verpligte toesig vereis, is vir sekere eksamendae geskeduleer en heelparty lokale is vol bespreek om fisiese distansiëring moontlik te maak. Studente wat assesserings in eksamenlokale sal moet aflê, is reeds daarvan in kennis gestel.

Internasionale reis mag ingevolge vlak 1-regulasies hervat (buiten vanaf die lande wat DIRCO geïdentifiseer het). Internasionale studente wat Suid-Afrika voor die inperking verlaat het, maar ’n fakulteitsuitnodiging ontvang het om ingevolge vlak 3-regulasies om akademiese redes terug te keer, sal nou ’n nuwe uitnodiging van die Registrateur ontvang. Daarbenewens moet internasionale studente wat wil terugkeer weens leerhindernisse tuis, sowel as studente van buurlande wat dalk wil terugkom vir toegang tot rekenaargebruikersareas of beter konnektiwiteit, by ssgsupport@sun.ac.za aansoek doen om vir ’n uitnodiging terug kampus toe oorweeg te word.

Vrae en antwoorde Inperking-vlak 2

Suid-Afrika het op 18 Augustus verskuif na vlak 2 van die staat van inperking. Vooraf-geïdentifiseerde studente is genooi om onder vlak 3 terug te keer kampus toe. Studente moet nie na die kampus terugkeer sonder ‘n uitnodiging van die US nie.

Klik hier om meer te lees oor vlak 2 reëlings

Klik hier om meer te lees oor die eerste groep studente wat genooi is kampus is.

Klik hier vir meer inligting oor koshuisstudente se terugkeer onder vlak 3

Afsondering, kwarantyn en selfafsondering-protokols

Hierdie protokol verander voortdurend namate ons uit ondervinding leer en sien hoe die pandemie ontwikkel

Hierdie protokol is van toepassing op:
A. studente wat vir die eerste keer na die koshuis terugkeer nadat hulle die kampus vir die inperkingstydperk verlaat het;
B. studente wat die koshuis verlaat het en ’n nag nie in die koshuis geslaap het nie of wat huis toe was vir ’n vakansie of reses; en
C. studente wat in die koshuis is en wat weens simptome of ’n positiewe toets of wat weens direkte kontak moontlik kon aangesteek het, nou in selfafsondering is.

Let asb daarop dat ’n koshuisstudent moontlik aan meer as een tydperk van afsondering, kwarantyn of selfafsondering onderhewig mag wees.

Studente word aangemoedig om verantwoordelik ten opsigte van hulself en ander op te tree om die verspreiding van COVID-19 te voorkom, ten einde hulleself, die gemeenskap waarin hulle woon en die breër gemeenskap veilig te hou. Die fokus verskuif na gereelde selfondersoek met behulp van HigherHealth se Healthcheck-instrument. (www.healthcheck.higherhealth.ac.za of WhatsApp 0600110000 of skakel *134*832*2#)
Gebruik van die COVID Alert SA-toepassing word ook aanbeveel.

Studente wat vir die eerste keer na die koshuis terugkeer nadat hulle die kampus vir die inperkingstydperk verlaat het, kan ’n sewe-dag-afsonderingstydperk vermy wanneer hulle by die koshuis aankom indien hulle kan bewys dat hulle die HigherHealth-instrument vir sewe dae voor hul terugkeer na kampus voltooi het. Hulle moet ’n rekord kan toon as bewys van hul selfondersoek vir die sewe agtereenvolgende dae voordat hulle by die koshuis aangekom het, insluitende die dag van hul aankoms. Die selfondersoek moet aantoon dat die studente vir die sewe agtereenvolgende dae ’n groen uitslag gehad het.

Indien ’n studente versuim om elke dag vir die sewe dae die selfondersoek te doen voordat hulle na die koshuis terugkeer of nie bewys daarvan kan lewer nie, sal daar van die student verwag word om vir sewe dae in afsondering te gaan wanneer hulle by die koshuis aankom. (Sien hieronder vir kwarantynreëlings.)

Daar word van studente verwag om die HigherHealth-instrument te gebruik en daarmee voort te gaan terwyl hulle nie in die koshuis is nie. Wanneer hulle na die koshuis terugkeer ná ’n afwesigheid, sal daar van hulle verwag word om ’n rekord van hul selfondersoek te toon vir die duur van hul afwesigheid. Indien hulle nie by hul terugkeer daarvan bewys kan lewer nie, kan hulle versoek word om vir sewe dae in kwarantyn deur te bring. Indien hulle gevra word om in kwarantyn te gaan, mag die student nie weier nie. (Sien hieronder vir kwarantynreëlings.)

Onder vlak 2 van die inperkingsregulasies mag ’n mens interprovinsiaal reis, maar die DHOO se voorskrifte vereis ’n permit om na die kampus toe terug te keer. Indien jy in besit is van ’n US-permit, mag jy huis toe gaan en terugkeer ná die reses. By jou terugkeer sal jy moet bewys (in ooreenstemming met die US se opgedateerde protokol vir selfafsondering) dat jy ’n “groen” status op die HigherHelp-toepassing vir die afgelope opeenvolgende sewe dae voor jou terugkeer gehad het. In hierdie geval sal daar nie van jou verwag om in kwarantyn te gaan wanneer jy terugkeer nie. Indien jy egter nie ’n “groen” status vir die laaste sewe dae kan toon nie, mag daar van jou verwag word om die volgende sewe dae in afsondering in jou koshuiskamer deur te bring.

Afsondering, Kwarantyn of Selfafsondering

  • 7 dae (of die aantal dae soos van tyd tot tyd deur KGD bepaal word) vir studente wat vir die eerste keer na die koshuis terugkeer nadat hulle die kampus vir die afsonderingstydperk verlaat het (sien A hierbo);
  • 7 dae (of die aantal dae soos van tyd tot tyd deur KGD bepaal word) studente wat die koshuis verlaat het en ’n nag of naweek nie in die koshuis geslaap het nie of wat huis toe was voor die begin van die semester en van wie daar verwag word om hulself af te sonder (sien B hierbo); en
  • 10 dae (of die aantal dae soos van tyd tot tyd deur KGD bepaal word) vir studente wat in die koshuis is en wat weens simptome of ’n positiewe toets of wat weens direkte kontak moontlik kon aangesteek het, nou in selfafsondering is (sien C hierbo).
  • Afsondering ’n Tydperk waartydens iemand wat vermoedelik COVID-19 het of wat positief getoets het (of as aangesteek beskou word soos in B2 hierbo) afgesonder word van gesonde mense. Die tydperk eindig indien hulle negatief toets, of indien hulle positief is, moet hulle in afsondering bly totdat hulle weer gesond is. Afsondering kan onwillig wees indien dit deur die Staat vereis word. deur die Staat vereis word.
  • Kwarantyn Kwarantyn ’n Tydperk waartydens iemand wat aan ’n bevestigde COVID-19-geval (of wat as aangesteek beskou word soos in B2 hierbo) blootgestel is, van gesonde mense geskei word en vir simptome van COVID-19 dopgehou word. Dit is gewoonlik ’n tydperk van tien dae in die geval van COVID-19 en onwillig wees indien dit deur die Staat vereis word.
  • Selfafsondering ’n Begrip wat algemeen binne die konteks van COVID-19 gebruik word aan te dui dat ’n individu wat óf COVID-19 het (of wat as aangesteek beskou word soos in B2 hierbo) of wat aan iemand met COVID-19 blootgestel is (of wat as aangesteek beskou word soos in B2 hierbo) vrywilliglik hulself van ander gesonde mense afsonder. Dit dek dus die terme ‘afsondering’ en ‘kwarantyn’ en word ook gebruik om na gesonde mense te verwys wat nie blootgestel is nie en wat tuisbly.
  • Die studente trek na ’n toegewese kamer en bly die heeltyd daar. Daar is geen vrye beweging in die koshuis nie. (Die student sal toegelaat word om badkamer toe te gaan). Die toegewese kamer mag in ’n ander een wees as die een waar jy inwoon en kan ’n ander kamer wees as die een wat vir 2020 aan hulle toegeken is.
  • Maak seker dat ander inwoners in die koshuis weet dat daar studente in selfafsondering is en watter gebiede vermy moet word. Maak seker dat alle studente bewus is van die protokol om die badkamer voor en ná gebruik skoon te maak.
  • Maak seker dat die student in selfafsondering bewus is van die reëlings wat getref word vir die gebruik van die badkamer, hoe kos vir die student gelewer sal word, hoe vullis verwyder sal word en hoe hul klere gewas sal word.
  • Die student mag die kamer verlaat om die badkamer te gebruik. Indien moontlik, tref reëlings dat die badkamer slegs deur die student in selfafsondering gebruik word. Indien nodig, bespreek n stort, wasbak en toilet vir die persoon. Die student in selfafsondering moet al die oppervlaktes waaraan hulle geraak het, skoonmaak alvorens hulle die badkamer verlaat. Maak seker dat al die nodige reinigingsmiddels in die badkamer beskikbaar is. Herinner studente daaraan dat die virus vir dae lank op harde oppervlaktes kan bly voortleef, maar dat dit baie doeltreffend deur huishoudelike reinigingsmiddels wat bleikmiddel of ammoniak bevat, vernietig word.
  • Vorm ’n studentegroep op elektroniese media om die student in selfafsondering te ondersteun. Onthou dat dit moontlik is om kos of ander goedere af te lewer wanneer nodig.
  • Vermy direkte kontak met student in selfafsondering. Wanneer iemand onbedoeld in aanraking kom met die persoon, soos bv in die badkamer, dra ’n masker, staan ten minste 1,5 m weg van die student en beperk die tyd van interaksie tot niks meer as net ’n paar minute nie. Onthou om jou hande dadelik met seep te was of gebruik dadelik handreiniger nadat jy in aanraking was met die student en moenie aan jou gesig raak nie.
  • Maak voorsiening vir voedselverskaffing. Studente in selfafsondering (afsondering en kwarantyn) moet die maaltydbesprekingstelsel gebruik en hul etes moet by hulle afgelewer word. Reël met ander studente om die kos by die student se kamerdeur af te lewer. Studente in selfafsondering word nie toegelaat om kombuise te gebruik om etes voor te berei nie.
  • Reël vir vullisverwydering. Indien die student vullis moet uitsit, moet die vullis in ’n toegebinde plastieksak buite die deur geplaas word. Wanneer dit gehaal word, moet dit in nog ’n plastieksak geplaas word en dan soos alle ander vullis verwyder word. Die persoon wat die vullis hanteer, kan dan hulle hande was nadat die vullis gehaal is en voordat hulle aan hul gesig raak.
  • Reël dat iemand die student se klere ontvang en dit een keer per week kan was.
  • Studente in selfafsondering moet hul simptome daagliks monitor (selfondersoek deur https://healthcheck.higherhealth.ac.za te gebruik, of WhatsApp 0600110000 of skakel *134*832*2# ) en teken die data aan).
  • Moedig die student aan om die inligting daagliks te verskaf om die gewoonte van selfondersoek te ontwikkel en om die duur van die afsonderingstydperk aan te teken. Dit stel die koshuishoof in staat om die duur van die selfafsondering te volg en wens die student geluk wanneer dit tydperk voltooi is.

Terugkeer na die kampus

Daar is bepalings en beperkings wat in ag geneem moet word, onder meer akademiese lokale se grootte om lesings te midde van verpligte sosiale afstand te kan aanbied en beskikbare verblyf in koshuise sonder om die voorgeskrewe maksimum te oorskry.

Dit is dus baie belangrik om daarop te let dat geen studente na die kampus kan terugkeer sonder ’n uitnodiging van die US nie.

Fakulteite het studente geprioritiseer wat in die eerste fase moet terugkeer: diegene wat verpligte akademiese werk op die kampus moet verrig om in 2020 graad te behaal; studente wat praktiese werk in kampuslaboratoriums moet verrig, voorgeskrewe kliniese werk moet afhandel, of toegang benodig tot gespesialiseerde sagteware of navorsingsmateriaal wat slegs op die kampus beskikbaar is; studente wat moet voldoen aan vereistes vir werk op die kampus wat deur professionele liggame gestel word; en nagraadse studente wat toegang tot laboratoriums of tegniese toerusting benodig.

Alle studente wat geïdentifiseer is – diegene wat om akademiese redes terugkeer en diegene wat na ’n beter studieomgewing in die koshuise terugkeer – mag slegs op uitnodiging en op die spesifieke datums wat gekommunikeer sal word, terugkeer. Studente wat nie deel uitmaak van die eerste 33%-kohort nie, mag nie na die kampus terugkeer nie.

  • Studente wat binne die 33% val, ontvang ’n persoonlike e-pos van die Registrateur waarin hulle genooi word om na die kampus terug te keer.
  • Al die studente wat genooi word, moet op die uitnodiging reageer deur ’n vorm aanlyn in te vul en die uitnodiging óf te aanvaar óf dit van die hand te wys.
  • Alle terugkerende studente moet ’n Gedragskode onderteken om aan die vereistes wat in die DHOO-bepalings uiteengesit word, te voldoen.
  • Ná die voltooiing van die aanlyn vorm en wanneer die Gedragskode aanvaar is, ontvang die terugkerende student ’n sertifikaat in ooreenstemming met die Inperkingsvlak 3-regulasies om na die kampus te kan reis.
  • Die uitnodiging bevat ook skakels na belangrike inligting oor isolasie en ander gesondheidsverwante protokolle wat by hul terugkeer sal geld, asook wat hulle ten opsigte van die akademiese aanbod te wagte kan wees wanneer hulle terug is op kampus.

Let asseblief daarop dat studente wat op die Tygerbergkampus studeer hul uitnodigings en instruksies vir hul terugkeer via die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe sal ontvang.

Daar word verwag dat die gekose groep nagraadse studente van 1 Julie 2020 af hul werk op die kampus sal kan hervat, en dat die gekose groep voorgraadse studente vanaf die begin van die tweede semester op 27 Julie 2020 hul akademiese aktiwiteite op ons kampusse sal kan hervat.

Let asb daarop dat daar van alle studente wat toegang tot kampusgeriewe wil verkry, vereis word om 'n daaglikse gesondheid-selfondersoek te doen voordat hulle hul woonplek in die oggend verlaat en hulle kan gevra word om die uitkoms van hul selfondersoek bekend te maak voordat hulle ’n gebou mag binnegaan. Studente moet slegs hul woonplek verlaat indien hulle die “veilige”uitslag ontvang. Dit is van toepassing op studente wat in universiteitskoshuise en -huise woon, asook studente wat privaat woon. Higher Health het ’n slimfoontoepassing – HealthCheck – ’n daaglikse gesondheidsifting- en - monitorinstrument ontwikkel wat deur die US as siftingsinstrument gebruik sal word. Meer inligting oor hierdie proses is in die Gedragskode vervat.

Die besluit is finaal. Indien jy onseker is oor wanneer jy genooi sal word om terug te keer, stuur asb ’n e-pos aan return@sun.ac.za.

Studente wat na koshuise terugkeer

Studente wat by die 33% ingesluit is en mag terugkeer, en oor ’n plek in universiteitsverblyf beskik, sal ook genooi word om na hul huisvesting terug te keer indien die vermoë van die universiteitshuisvesting dit toelaat. Studente kry die geleentheid om aan te dui of hulle wel na hul verblyf wil terugkeer of nie, deur die aanlyn vorm in te vul.

Studente wat na koshuise terugkeer, moet vir 7 dae selfisoleer, of vir ’n tydperk wat van tyd tot tyd deur die Kampusgesondheidsdienste voorgeskryf word, en sal nie vryelik kan rondbeweeg nie, selfs nie in die koshuis nie.

Studente wat verkies om nie na die universiteitsverblyf terug te keer nie, word die opsie gegee om die plek te kanselleer. Geen kansellasiefooi is van toepassing nie. Let daarop dat indien ’n student ’n koshuisplek kanselleer, die kansellasie ook vir 2021 geld, aangesien die plek aan ’n nuweling toegeken sal word. Studente kan slegs op die waglys registreer wat in Februarie 2021 oopgestel word om vir koshuisplasing in 2021 oorweeg te word. Alternatiewelik kan ’n student kies om die koshuisblyplek vir 2020 oop te hou wanneer die betaling van die koshuisgelde hervat word.

Koshuisstudente wat voor die reses in Maart/April terug huis toe is, sal vanaf 26 Maart 2020 middernag (die aanvang van die nasionale inperkingstaat) korting op hul koshuisgeld ontvang en hul koshuisrekening sal eers weer op die vereiste datum van hul terugkeer na die koshuis heraktiveer word. Alle koshuiskansellasies wat sedert 26 Maart 2020 gedoen is, sal ook tot 26 Maart 2020 teruggedateer word sodat hierdie studente vir die korting kan kwalifiseer.

Indien jy een van die studente is wat teruggenooi is na universiteitsverblyf, moet jy asb kennis neem dat die datum waarop jy werklik na jou koshuis terugkeer, jou studenterekening en selfoon- databondels sal beïnvloed. Jou studenterekening sal geaktiveer word op die dag wat jy na jou koshuis terugkeer en van dan af kwalifiseer jy nie meer vir verdere databondels nie.

Indien jy voor die datum wat op jou uitnodiging vir terugkeer aangedui is, na jou koshuis wil terugkeer, moet jy met jou koshuishoof in verbinding tree om die nodige reëlings te tref. Aangesien ons tans op vlak 3 van die risikobepalingsregulasies is, moet verpligte protokols voor jou terugkeer gevolg word om te verseker dat dit veilig is vir jou om terug te keer.

Indien jy op ’n latere datum as wat op jou uitnodiging aangedui is, wil terugkeer, moet jou die Koshuisplasingskantoor by return@sun.ac.za in kennis stel. Indien jy dit nie die Koshuisplasingskantoor in kennis stel van jou latere terugkeerdatum nie, sal jou studenterekening vóór jou werklike terugkeer geaktiveer word en sal jy nie ’n databondel ontvang nie, aangesien die stelsel sal aandui dat jy reeds by ’n US-koshuis inwoon.

Studente in private huurakkommodasie

Volgens die DHOO-bepalings kan “studente terugkeer wat in privaat huurverblyf naby die kampusse woon, maar hul toegang tot die kampus moet beperk word om die kampuspopulasie op een derde van die kapasiteit te hou, in pas met die Vlak 3-risiko vir die verspreiding van die infeksie”. Studente in hierdie groep wat nie deel uitmaak van die 33% wat geïdentifiseer is om vir akademiese doeleindes na die kampus terug te keer nie, sal nie ’n sertifikaat van die Universiteit ontvang wat hulle in staat stel om te reis nie. Hulle het wel toegang tot hul registrasiebewys via die Studenteportaal en, sou die eienaars van die huurakkommodasie bereid wees om aan hulle ’n uitnodiging te stuur om na hul privaat akkommodasie terug te keer, het die Universiteit geen beswaar daarteen nie, inaggenome dat hierdie studente geen toegang tot kampusfasiliteite sal hê nie, tensy hulle genooi is as deel van die eerste 33% van die terugkerende studente. Studente wat na hul privaat akkommodasie terugkeer, sal vir 14 dae moet selfisoleer, soos deur die Departement van Gesondheid voorgeskryf, en sal nie vryelik kan rondbeweeg nie. Stellenbosch en omstreke bly ’n brandpunt vir infeksies.

Internasionale Studente

Internasionale studente mag slegs onder vlak 1 van die staat van inperking na die kampus terugkeer. Ongelukkig sluit die kwalifiseringsvereistes van 33% wat na die kampus kan terugkeer, nie internasionale studente wat tans buite die Suid-Afrikaanse landsgrense (wat afgesien van uitsonderlike omstandighede, steeds gesluit is) in nie. Ondersteuningsprogramme sal vir internasionale studente wat nie na die kampus kan terugkeer nie, in werking gestel word om te verseker dat hulle hul akademiese programme kan voltooi.

Reispermitte

Volgens die voorskrifte wat deur die DHOO uitgereik is, mag die US slegs permitte/sertifikate vir ’n eenmalige terugkeer na kampus aan studente uitreik.

Studente wat sedert die aankondiging van die staat van inperking verkies het om in die koshuis te bly en vir die reses wil huis toe gaan, sal nie toegelaat word om terug te keer nie, mits hulle in die eerste 33%-kategorie val wat vir die tweede semester teruggenooi is vir akademiese aktiwiteite, of wat aanvaar is om terug te keer weens hindernisse in tuisstudie. Die permit sal jou dus slegs in staat stel om een keer na Stellenbosch terug te keer.

Assesserings

Daar is ’n e-posadres per fakulteit geskep as ’n noodroete vir indiening vir studente wat tegniese probleme met die oplaai van hul assesserings op SUNLearn ondervind. Die indiening moet egter binne die toegelate 30 minute vir indiening of die toegelate tyd vir die voltooiing van die vasvrae geskied.

Aangesien die e-posadres op dokumentindiening gefokus is, kan studente dit slegs gebruik om ’n enkele dokument (bv ’n Turnitin-opdrag, opdrag of vasvrae-opsteltipe vrae wat dokumentindiening toelaat) op te laai.

AgriWetenskappe: agric@sun.ac.za
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe : submitEMS@sun.ac.za
Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe: submitFMHS@sun.ac.za (only available later)
Ingenieurswese: submitENG@sun.ac.za
Lettere en Sosiale Wetenskappe: submitFASS@sun.ac.za
Natuurwetenskappe: scienceadmin@sun.ac.za
Opvoedkunde: submitedu@sun.ac.za
Regsgeleerdheid: sulawfaculty@sun.ac.za
Teologie: submittheo@sun.ac.za

  • Vir assesserings het die Senaat aanvaar dat daar in elke eksamen genoegsame tyd vir studente toegelaat moet word om hul uitsette aanlyn te kan aanbied.
  • Die Senaat het verder besluit om aan alle studente ’n vasgestelde tyd van 30 minute te gee om hul handgeskrewe of getikte assesseringuitsette aanlyn te kan indien nadat die assessering se skryftyd verstryk het (behalwe vir aanlyn-vasvrae waar studente die antwoorde intik soos hulle vorder).
  • Die Senaat het bevestig dat waar studente botsings in hul eksamenrooster het, dosente studente die geleentheid mag gee om onder sekere omstandighede twee eksamens direk na mekaar te skryf, of studente het die opsie om die tweede eksamengeleentheid te gebruik.
  • Studente wat om watter rede ook al nie daarin slaag om hul uitsette gedurende die eerste eksamengeleentheid in te dien nie, sal toelating tot die tweede eksamengeleentheid kry.

Lees meer hier.

’n Bykomende assesseringsgeleentheid sal in Januarie 2021 beskikbaar wees vir alle eerstesemester- en sommige jaarmodules. Jaarmodules wat hoofsaaklik praktiesgebaseerde assesseringsmetodes gebruik en jaarmodules waarvoor daar reeds in die tweede semester ’n bykomende assessering aangebied sal word, is uitgesluit by die A4-geleentheid.
Reëlings vir tweedesemestermodules en nagraadse navorsingstudente maak nie deel uit van hierdie reëlings nie en sal apart oorweeg word.

  • Alle studente kwalifiseer outomaties om die A4-eksamen in ’n spesifieke eerstesemestermodule af te lê indien hulle nie die module na afloop van A2/A3 in 2020 geslaag het nie (ongeag klaspunte), en indien hulle aan alle subminima voldoen wat van toepassing is op assesserings gedurende die onderrigtydperk van die semester, byvoorbeeld die bevredigende voltooiing van praktiese laboratoriumsessies waar van toepassing.
  • Net so kwalifiseer alle studente outomaties om die A4-eksamen in ’n spesifieke jaarmodule af te lê indien hulle nie die module ná die eksamen in Desember 2020 geslaag het nie (ongeag van watter van die normale assesserings die student gebruik het), en hulle aan alle subminima voldoen wat van toepassing is op assesserings gedurende die onderrigtydperk van die semester. Let asb op die jaarmodules wat uitgesluit is in die inleidende paragraaf.
  • Studente mag ook moontlik onder uitsonderlike omstandighede toelating tot A4 kry, byvoorbeeld diegene wat aan buitengewone voorvereistes soos ’n punt hoër as 50% moet voldoen.

Die A4-eksamens sal van Maandag, 11 tot Vrydag, 29 Januarie 2021 (insluitende Saterdag, 16 en 23 Januarie) plaasvind, en dieselfde skedule as 2020 se A2-eksamenrooster van die eerste semester sal gebruik word.
Klik hier om meer te wete te kom oor die voorbereidings vir die A4-eksamens.

Studente mag voorlopig vir 2021-modules registreer, ongeag van voorvereistes wat van die A4-uitslae afhang. Sodra die uitslae bekendgemaak word, sal die Studente-inligtingstelsel (SIS)-afdeling studente wat nie aan die voorvereistes voldoen nie, deregistreer.
Daar sal geen dekaansvergunningseksamens wees in modules waarvoor ’n A4-eksamen aangebied word nie.

Aanlyn-leer en ondersteuning

Aangesien dit tans baie moeilik is om te voorspel wat die nasionale risikovlakke en regulasies weens COVID-19 vir die res van 2020 sal wees, het die onderskeie fakulteite (Krygskunde uitgesluit) bepaal watter modules in die tweede semester SLEGS aanlyn aangebied sal word. Dit sal studente en hul ouers met hul beplanning vir die res van die jaar help. Jy kan jou fakulteitsmodules en die toepaslike kontakpersoon op die US se COVID-19-webblad vind.

Studente in hierdie modules sal nie enige kampusgeriewe hoef te gebruik om die akademiese jaar te voltooi nie en hierdie reëling sal help om die totale aantal studente op ons kampusse te verminder. Indien daar ’n terugkeer na strenger vlakke van inperking gedurende die komende semester sou wees, sal hierdie studente nie deur reëlings wat verander, verontrief word nie.

Die US Biblioteek- en Inligtingsdiens het nuwe prosedures en protokols aangekondig vir kliënte wat die US se biblioteekdienste wil gebruik. Vir al die jongste inligting oor die US se biblioteekdienste en -hulpbronne wat vanaf 6 Julie 2020 beskikbaar sal wees, klik hier.

Slegs die selfoonnommers van studente wat gedurende die tydperk vanaf 15 Mei tot 08:00 op 22 Junie 2020 hul nommers bevestig het, sal aan selfoondiensverskaffers gestuur word vir die oplaai van databondels.

  • Voorgraadse studente:
    my.sun.ac.za > Undergraduate > Administration > Student Mobile Data
  • Nagraadse studente:
    my.sun.ac.za > Postgraduate > Admin & Support > Student Mobile Data

Lees meer hier

Ons kan ongelukkig nie bykomende data verskaf nie. Besoek die Riglyne vir studente aanlyn leer vir meer inligting oor wenke en raad vir beste praktyke rakende US-tariewe waarvoor zero tariewe geld.

Die skootrekenaarprojek is afgehandel en ons kan jou ongelukkig nie help nie.

Gradedokumente en akademiese afskrifte

Alle graduati wat plaaslik (binne Suid-Afrikaanse grense) woon, se gradedokumente is op 3 Junie 2020 per geregistreerde pos uitgestuur. Die Suid-Afrikaanse Posdiens ondervind egter weens COVID-19 ’n vertraging in die versending van sommige van hierdie graadsertifikate. Graduati word versoek om by hul plaaslike poskantoor navraag te doen

Graduati kan ook met die volgende personeellede by die Eksamenkantoor in verbinding tree om hul opsporingsnommer aan te vra sodat hulle met hul plaaslike poskantoor kan opvolg:
Cedric Bezuidenhout by cgb@sun.ac.za of 021 808 4583
Gary Kirsten by garyk@sun.ac.za of 021 808 9367
Kea Raikane by kraikane@sun.ac.za

Wanneer hulle hul opsporingsnommers ontvang het, kan studente ook hul graaddokumente deur die volgende webwerwe opspoor:
www.sapo.co.za
www.trackmyparcel.co.za

Slegs ’n beperkte aantal lande het sover hul grense vir Suid-Afrikaanse pos heropen. Die gradedokumente vir internasionale studente van hierdie lande is na hul land gestuur. Die SA Posdiens het egter die US in kennis gestel dat daar reusevertragings met die aflewering van pos aan hierdie lande is en die omvang is in hierdie stadium nog onbekend.

Daar is nog steeds baie lande, insluitende Afrikalande, wie se grense gesluit bly. Die SA Posdiens sal die US op hoogte hou van lande wat hul beperkinge ophef om pos te ontvang. Hierdie graadsertifikate is nog in die besit van die US.

Graduati en studente wat dringend afskrifte van hul akademiese rekords en sertifikate benodig, kan ’n versoek na records@sun.ac.za stuur om ’n elektroniese weergawe van hul akademiese dokumente te ontvang. Jy word vriendelik versoek om jou behoefte in die onderwerpreël van die e-pos aan te dui, en dan of een of albei van die volgende by jou e-posversoek te voeg:
· Akademiese rekord en/of
· Graadsertifikaat
Weens die groot aantal versoeke en huidige beperkinge, kan dit tot vyf werksdae neem om aan versoeke te voldoen.

Beskikbare dienste op kampus

Alle dienste wat deur die IT-HUB in die Admin A-gebou gelewer word – afhaal van toerusting en ander soorte ondersteuning – is slegs beskikbaar indien dit vooraf gereël is. Studente moet afsprake maak deur vooraf ’n oproep by die dienstoonbank aan te meld. Dit kan nie meer van die HUB se fasiliteite aangemeld word nie. Studente en personeellede wat hul studente- of personeelkaarte verloor het, is die enigste besoekers wat sonder ’n afspraak in die IT-HUB toegelaat sal word, en slegs tussen 11:00 en 14:00 daagliks.

Die Universiteit Stellenbosch se Biblioteek- en Inligtingsdienste het nuwe prosedures en protokols bekendgemaak vir kliënte wat die biblioteekdienste wil gebruik. Die US-biblioteek en drie takke – Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Musiek en Ingenieurswese en Bosbou, is tans vir kliënte beskikbaar om slegs per afspraak ’n beperkte aantal rekenaars en studie- en navorsingsruimtes te gebruik. Kliënte is welkom om hul eie toestelle na die biblioteke te bring. Klik hier vir al die jongste inligting oor die US se biblioteek-hulpbronne en -dienste wat tans beskikbaar is.

Uitdruk-fasiliteite is by die kopieerwinkel in die Neelsie-studentesentrum beskikbaar. Studente wat toegang tot die IT-HUB, die biblioteek of die Neelsie-studentesentrum benodig, hoef nie by universiteitsverblyf in te woon nie en het nie permitte nodig vir toegang tot hierdie geriewe nie. Let asb op die spesifieke vereistes vir toegang tot die IT-HUB en die US-biblioteek.

Uitstel vir deregistrasie

Die sperdatum vir die deregistrasie van tweede-semester modules sonder dat ’n finansiële heffing op klasgelde gehef word, is van die einde Julie tot die einde van Augustus 2020 uitgestel. Dit beteken jy sal nie ’n druippunt of onvoltooide uitslag op jou akademiese transkripsie vir die spesifieke module ontvang nie en jy sal aanstaande jaar vir die module kan registreer. Tree asb met jou fakulteit se administrateur in verbinding indien jy wil deregistreer. Let asb daarop dat al die ander reëls wat van toepassing is op die deregistrasie van eerste-semesteren jaar-modules en programme soos dit in die US se algemene kalender verskyn, steeds geld.

Agterstallige rekeninge

Die Universiteit Stellenbosch het gedurende die eerste semester ’n aantal verligtingsmaatreëls vir betaling aangekondig om ons studente en hul finansiële borge te help. Een van die maatreëls was die kwytskelding van rente wat op agterstallige rekeninge gehef word vir vier maande vanaf 1 April tot 31 Julie 2020. Rente wat reeds vir April gehef was ten tye van die aankondiging, is omgekeer. Die US hef gewoonlik rente teen primakoers op agterstallige rekeninge. Hierdie vier maande lange rentevakansie is nou vir nog twee maande verleng tot 30 September 2020.

Mid-semestertoetse

DRINGEND! Let asb op die volgende rakende die aanvangstye vir die aanlyn-assesserings gedurende die komende toetstydperk:

  • Om te voorkom dat te veel gebruikers gelyktydig op SUNLearn moet inteken, sal die aanvangstye vir assesserings aangepas word. Die aangepaste tye sal binnekort op die amptelike rooster verskyn.
  • Indien GEEN aanvangstyd aangedui word nie, sal die dosent julle via ’n ander platform in kennis stel.
  • Gaan asb die aanvangstye vir jou assesserings vroegtydig en akkuraat na, soos dit op jou rooster op die web verskyn. Klik hier vir jou rooster.
  • Indien jy probleme ondervind om toegang tot SUNLearn te kry, skakel asb: 021 808 2222 of gaan na http://learnhelp.sun.ac.za

Let asb op: Die aanvangstye vir die November/Desember 2020-assesserings sal ook aangepas en later bekendgemaak word.