Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Studievaardigheid-sessies ter onder-steuning van studente
Outeur: Juan Ontong, Mareli Rossouw & Liezl Klopper
Gepubliseer: 06/10/2022

Opvoedkundige sielkundige Liezl Klopper van die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) het onlangs vier ondersteuningsessies by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangebied om studente met die reeks assesserings te help wat binnekort plaasvind.

Die sessies is van aangesig tot aangesig aangebied en het tydsbestuur, stresbestuur, studievaardighede en eksamenstrategieë ingesluit. Dit is deur Mareli Rossouw en Juan Ontong van die Skool vir Rekeningkunde en studentesakebeampte Ilse Frans gereël om by SSVO se bestaande sessies aan te sluit.

Die sessies is oor 'n tydperk van twee weke aangebied en is goed bygewoon deur tussen 50 en 90 fakulteitstudente per sessie. As gevolg van hul positiewe terugvoer, word toekomstige sessies vir albei semesters in 2023 beplan.

  • Vir 'n kort beskrywing van elke sessie, kliek hier.
  • Studente kan die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) kontak om hul opleidingsessies by te woon of toegang te verkry tot 'n reeks bykomende hulpbronne. Kliek hier vir kontakbesonderhede.