Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Adjunkhoofregter Dikgang Moseneke inspireer gevangenes
Outeur: Juan Ontong
Gepubliseer: 02/11/2021

​Die US Ubuntu-leergemeenskap, in samewerking met die Ex-Cell-projek, het onlangs 'n aanlyn praatjie deur adjunkhoofregter Dikgang Moseneke aangebied vir jeugdige gevangenes by die Drakenstein en Brandvlei korrektiewe sentrums.    

Die Ex-Cell-program is 'n sosiale-impakprojek deur personeellede van die US Skool vir Rekeningkunde in samewerking met die Departement van Korrektiewe Dienste, die Fakulteit Regsgeleerdheid en die Ubuntu-leergemeenskap. Die doel daarvan is om gevangenes in sake- en ander vaardighede op te lei sodat hulle ná hul vrylating 'n bestaan in die besigheidswêreld kan maak.

Moseneke het oor sy lewensreis gepraat, en inspirerende advies vir die toekoms gegee. Hy is op die ouderdom van 15 gearresteer, aangehou en skuldig bevind aan anti-apartheidsaktiwiteite. Hy is tot 10 jaar gevangeskap gevonnis en het dit op Robbeneiland uitgedien. Hy het sy matriek en twee grade verwerf terwyl hy in die tronk was.

  • Die Departement Korrektiewe Dienste het die foto vir publikasie goedgekeur.