Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US verwelkom nuweling-eerstejaars op spesiale en onvergeetlike wyse
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Sandra Mulder]
Gepubliseer: 02/03/2021

As deel van die Universiteit Stellenbosch (US) se verbintenis tot 'n suksesvolle akademiese projek en om volhoubaar te bly as een van die voorste hoëronderwysinrigtings, verwelkom die Universiteit vandeesweek sy nuweling-eerstejaarstudente op 'n ietwat aangepasde manier, ten einde infeksies laag te hou en die gesondheidsdienste te beskerm.  

Die Universiteit het vanjaar sy gebruiklike week lange Verwelkomingsprogram aangepas na 'n omvattende twee-week lange program vir eerstejaarstudente en fokus op 'n transformerende studente-ervaring binne die bepalings van COVID-19-protokols.

Nog 'n nuwe toevoeging tot vanjaar se program om die verwelkoming van nuwelinge verder te verbeter, was die bekendstelling van die aanlyn Aanboord-program, wat vroeg in Februarie reeds begin het. Hierdie opwindende program is daarop gemik om studente wat vir die eerste keer by ons aansluit, te oriënteer en hulle op die praktiese aspekte van hul studie voor te berei. Die Aanboord-program is op SUNLearn (die Universiteits se bestuurstelsel vir leer) beskikbaar waar studente baie tyd in hul studiejare sal deurbring.

Sommige onderafdelings van die US Verwelkomingsprogram oor die volgende twee weke sal aanlyn aangebied word ten einde groot byeenkomste te vermy, maar sekere elemente sal steeds fisiek in persoon aangebied word binne die beperkings van COVID-19-regulasies.

Een van die hoofgeleenthede wat vanjaar aangepas moes word, is die amptelike verwelkoming, wat gewoonlik duisende studente en hul families na die Danie Craven-stadion laat stroom vir die amptelike Verwelkoming. Vanjaar sal studente die geleentheid kry om die stadion te besoek en 'n welkom-vlaggie te plant.

Nog 'n belangrike verwelkomingsoomblik word Donderdagaand gehou, wanneer studente aan die droom-optog in Victoriastraat sal deelneem. Hierdie inisiatief is drie jaar gelede bekendgestel. Studente stap onderdeur 'n banier wat oor Victoriastraat gespan is om die begin van hul akademiese reis by die US te simboliseer. Studente sal ook hul drome op 'n kaartjie kan skryf en dit aan een van die bome in Victoriastraat kan aanheg.

Studente in groepe van 50 in Victoriastraat afstap. Later die aand sal die Rektor en Visekanselier van die US, prof Wim de Villiers, se verwelkomingstoespraak op sosiale media vrygestel word.

Mnr Pieter Kloppers, Direkteur: Sentrum vir Studentegemeenskappe en koördineerder van die Verwelkomingsprogram, sê baie van die meeste verwelkomingsaktiwiteite sal aanlyn plaasvind, tesame met belangrike ervarings soos die droom-optog en die plant van die welkom-vlaggies wat die grondslag lê vir hul akademiese reis en hulle herinner aan hul gesamentlike poging om akademies suksesvol te wees en speel dus 'n belangrike rol in hul akademiese sukses.

“Ons moet die nuwe studente met twee goed help. Dit is noodsaaklik dat hulle onsekerheid uit die weg ruim oor waar hulle sosiaal in hierdie nuwe fase van hul lewens inpas; tweedens moet hulle verseker word van hul akademiese meriete en hoe dit met ander vergelyk; hulle moet hulle innerlike versekering kry dat hulle opgewasse is vir die akademiese taak wat voorlê; en hulle moet weet daar is ondersteuning beskikbaar om hulle op hul pad na sukses by te staan," sê Klopper.

Die nuwelinge sal byvoorbeeld simbolies hul plek by die US opeis met die plant van die vlaggies. Dit beteken hulle het 'n ruimte om in te transformeer, te groei en te beïnvloed, sê Kloppers.

Die Verwelkomingsprogram is op die Universiteit se webwerf, www.sun.ac.za beskikbaar. Die volledige program en inligting oor onder meer die registrasieskedule, persoonlike veiligheid, die biblioteek, gratis skryfwenke en fakulteite se verwelkomingsprogramme is hier beskikbaar.