Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kom gesels saam by vanjaar se wetenskapskafees by Woordfees
Outeur: Media & Communication, Faculty of Science
Gepubliseer: 17/02/2020

Jannie Hofmeyer is vanjaar die gespreksleier vir die Fakulteit Natuurwetenskappe se gewilde wetenskapskafees by die Woordfees. Met ʼn wye belangstelling in die natuur- én sosiale wetenskappe, bring dié uitgelese emeritus professor in biochemie en biokompleksiteit ʼn nuwe dimensie aan vanjaar se onderwerpe – van die siel van die mier en swermintelligensie tot heuningbostee, genetiese toetse, en die normalisering van informaliteit.

Die Stellenbosch wetenskapskafees (Science Café Stellenbosch) is ʼn inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om gesprekke oor wetenskaplike kwessies aan te moedig, in ʼn taal wat almal kan verstaan. Sedert 2015 word dié gesprekke elke jaar tydens Woordfees by Die Plataan aangebied. Toegang is gratis, maar kom vroeg genoeg om 'n goeie sitplek te verseker.

Gedurende die res van die jaar word die wetenskapskafees op verskeie plekke in Stellenbosch aangebied. Bly op hoogte van toekomstige praatjies via ons Facebook blad, of stuur 'n epos aan sciencecafe@sun.ac.za om op ons verspreidingslys te kom.

Hieronder is die lys van praatjies vir Maart 2020:

Eugene Marais se Siel van die Mier: voorloper van moderne masjienleer - Maandag 9 Maart 2019, 18:30-19:30, Die Plataan

Hoe lyk lewe onder die mikroskoop? - Dinsdag, 10 Maart 2020, 13:00-14:00, SU Biblioteek Auditorium

Informeel is die nuwe formeel: integrasie van informele nedersettings in stede  - Dinsdag 10 Maart 2020, 18:00-19:00, Die Plataan

Heuningbos se storie: vanaf die Langkloof tot wêreldklas teeWoensdag, 11 Maart 2019, 18:00-19:00, Die Plataan

Genetiese toetse: waardevolle selfkennis of slangolie-slenter - Donderdag, 12 Maart 2019, 18:00-19:00, Die Plataan I Klik hier vir meer inligting - http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/Events/DispForm.aspx?ID=4595

Foto's: Stefan Els