Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Informeel is die nuwe formeel
Begin: 10/03/2020, 18:30
Einde: 10/03/2020, 19:30
Kontak:Wiida Fourie-Basson - 021 808 2684
Plek: Die Plataan, Woordfees

Informele nedersettings in stedelike omgewings is hier om te bly, en die burgerlike samelewing en veral munisipaliteite moet aanpasbaar, kreatief en innoverend met hierdie nuwe werklikheid omgaan. Met hierdie aanbieding van Science Café Stellenbosch by Woordfees 2020, gesels Jannie Hofmeyr met dr. Leanne Seeliger en Paul Roviss Khambule oor hul projek in Enkanini en hoe hulle saam met die Stellenbosch Munisipaliteit werk om oplossings te vind vir die menige uitdagings wat dié gemeenskappe in die gesig staar.

Science Café Stellenbosch is ʼn inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om gesprekke oor wetenskaplike kwessies aan te moedig, in ʼn taal wat almal kan verstaan. Bly op hoogte van toekomstige praatjies via ons Facebook blad, of stuur 'n epos aan sciencecafe@sun.ac.za om op ons verspreidingslys te kom.

Foto: Ros Koch