Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Hoe lyk lewe onder die mikroskoop?
Begin: 10/03/2020, 13:00
Einde: 10/03/2020, 14:00
Kontak:Wiida Fourie-Basson - 021 808 2684
Plek: Stellenbosch University Library Auditorium

​W.O. Kühne se Huppelkind “trippel-trippel deur die grassies" en “huppel-huppel oor die plassies", kyk links en regs, draai rondomtalie en kyk tussen sy bene deur in sy soeke na Lekkerland. Die mikrobioloog Professor Lydia-Marié Joubert doen byna dieselfde wanneer sy met hipermoderne toerusting lig werp op die onsienbare. Met mikroskopiese beelde en in gesprek met Jannie Hofmeyr, wys sy hoe resolusie en konteks ons verstaan van lewe beïnvloed. (Afrikaans en Engels).

Neem kennis dat hierdie Science Café by die US Biblioteek Auditorium plaasvind. Toegang is gratis, en kinders is welkom.
Science Café Stellenbosch is ʼn inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om gesprekke oor wetenskaplike kwessies aan te moedig, in ʼn taal wat almal kan verstaan. Bly op hoogte van toekomstige praatjies via ons Facebook blad, of stuur 'n epos aan sciencecafe@sun.ac.za om op ons verspreidingslys te kom.