Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maritieme kundigheid in SIGLA@ Stellenbosch
Outeur: Prof Francois Vreÿ
Gepubliseer: 12/09/2018

​​​Prof Henri Fouché en Dr Frank van Rooyen is beide gekies om saam met internasionale organisasies in die veld van maritieme veiligheid te werk. 

Prof Fouché (Buitengewone Professor SIGLA) het die Suid Afrikaanse afvaardiging vergesel na die vergadering in Sri Lanka (September 2018). 

Die doel van die werksgroep was die daarstelling van 'n maritieme veiligheidswerksgroep binne die IORA groepering wat op die Indiese Oseaan fokus. IORA bestaan uit 21 lidstate en 7 dialoogvennote. 

Sien http://www.iora.int/en/events-media-news/galleries/iora-maritime-safety-and-security-working-group-2018

Dr van Rooyen (Navorsingsgenoot SIGLA) is gekeur om as lid van die UNODC se opleidingsprogram teen maritieme misdaad in die waters van Suidoos Asië te werk. 

Hy help met opleiding van seelui wat aan seerowery, aanvalle and rooftogte blootgestel is terwyl hul diens ter see verrig. Die fokus is op die Sulu en Celebes See in die besonder.