Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
PRONTAK openingsdag by STIAS
Outeur: Claudia Swart
Gepubliseer: 21/04/2018

Hierdie jaar se PRONTAK (Professionele Onderrigsontwikkeling vir Akademici) program het op 21 Mei afgeskop by STIAS.  Die opening was bygewoon deur 87 akademici waarvan 59 PRONTAK deelnemers was.  Die tema van die dag was:  Wat is goeie onderrig by Universiteit Stellenbosch?

Na die verwelkoming, was die eerste onderwerp die Stellenbosch Universiteit konteks vir Onderrig en Leer.  Deelnemers het verskeie institusionele beleidsdokumente bespreek deur middel van 'n jigsaw aktiwiteit.

Na teetyd het deelnemers die belangrikheid van refleksie as deel van onderrig bespreek.  Die gebruik van terugvoer as 'n hulpmiddel om te reflekteer oor onderrig is ook bespreek.

Na middagete het fakulteite die geleentheid gehad om met hulle PRONTAK deelnemers te gesels deur middel van wegbreeksessies.

PRONTAK deelnemers ontmoet mekaar weer in Julie vir vier dae.  Hierdie vier dae bestaan uit verskeie sessies, by die Goudini Konferensiesentrum naby Rawsonville waar ons vir drie nagte oorslaap.

Vir meer inligting, besoek asseblief:

http://www.sun.ac.za/afrikaans/learning-teaching/ctl/professional-learning-opportunities-for-t-l/predac