Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#HelloMaties - Aan die verloorkant?
Outeur: Corporate Communication/ Korporatiewe Kommunikasie
Gepubliseer: 30/01/2018

​Studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) het toegang tot 'n omvattende reeks ondersteunings- en ontwikkelingsdienste wat deur die Sentrum vir Studentevoorligting en Ontwikkeling (SSVO) aangebied word.

Hierdie dienste word deur 'n span hoogs gekwalifiseerde sielkundiges en maatskaplike werkers aangebied en vertroulikheid word gewaarborg.

Hulle sluit onder meer in: akademiese voorligting; beroepsleiding en ontwikkeling;individuele en/of groepterapie; ontwikkelingwerkswinkels; ondersteuning aan studente met spesiale leerbehoeftes; konsultasies en opleiding.

Die dienste is vir studente op die Stellenbosch-kampus by Victoriastraat 37 (langs die Konservatorium) beskikbaar en op die Tygerberg-kampus op die tweede vlak van die studentesentrum (direk bo die gimnasium).

Vir nadere besonderhede, klik hier.