Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Topstudente van Fakulteit ontvang Rektorstoekennings
Outeur: Ronel Beukes
Gepubliseer: 09/10/2017

Die Universiteit Stellenbosch (US) se studente wat uitsonderlik presteer het, is onlangs met Rektorstoekennings vir Uitnemende Prestasie vereer. Onder vanjaar se toppresteerders was 13 studente van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

Die volgende studente het toekennings vir uitnemende akademiese prestasie ontvang: Reinhard Arndt, Niel Botha, Fiona Campbell, Dean Dharsay, Gerben Draaijer, Eduard du Plessis, Izaan du Preez, Ryelan Hardnick, Connor McCann, Natalie Seager en Daniele Smit.

Die US-medalje vir die top meestersgraadstudent in die Fakulteit is aan Monika du Toit toegeken, wat 'n M-graad in Statistiek behaal het. Sy het voorgraads en nagraads aan US studeer.

Anita Engelbrecht het 'n spesiale rektorstoekenning ontvang. Anita ly aan spastiese diplegie (dubbelsydige verlamming) en is haar lewe lank 'n rolstoel.

“Dit is vir my fantasties om erkenning te ontvang vir al die bloed, sweet en trane wat in my studies gegaan het. Dit is vir my ʼn voorreg om 'n verskil in die samelewing te help maak," het sy gesê.

  • Foto: US-medaljewenner Monika du Toit by prof Sarel Steel van die Departement Statistiek en Aktuariёle Wetenskap.