Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uitnodiging om kommentaar te lewer op US konseptoelatingsbeleid
Outeur: Corporate Marketing/Korporatiewe Bemarking
Gepubliseer: 30/09/2016

Die Universiteit Stellenbosch (US) is tans besig om sy huidige Toelatingsbeleid te hersien. 'n Taakspan het 'n konsep-toelatingsbeleid saamgestel met die doel om toelating te bied aan 'n diverse studentegemeenskap met die potensiaal om suksesvol te studeer.  Die beleid het ook ten doel om akademiese uitnemendheid deur diversiteit te handhaaf en te bevorder.

Die konsepbeleid sowel as ʼn regsopinie oor die regsbeginsels van toepassing by die opstel van 'n toelatingsbeleid is hier beskikbaar.

Geskrewe kommentaar op die voorgestelde konsep Toelatingsbeleid kan gelewer word via die webtuiste; via e-pos by toelating@sun.ac.za; per faks by 0218084708; via die pos: Universiteit Stellenbosch, Privaatsak X1, Matieland, 7602; of aflewering per hand: Vir aandag Me C Feyt, Inligtingstoonbank, Administrasie-gebou A, Universiteit Stellenbosch.

Die sluitingsdatum vir kommentaar is 31 Oktober 2016 en insette wat na dié datum ontvang word, sal ongelukkig nie oorweeg kan word nie.

Die Taakspan sal alle insette oorweeg, maar dit sal ongelukkig nie moontlik wees om alle voorstelle by die tweede weergawe van die konsepbeleid in te sluit nie.

  • Navrae: Me Olivia Adams, tel 0218082923 (Maandag tot Vrydag tussen 08:00 en 16:30).