Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Helderberg is Sauerbeker-kampioene
Outeur: Maties Rugby
Gepubliseer: 29/09/2016

​Steinhoff Helderberg het sy eerste Steinhoff Sauerbeker-titel sedert 2000 gewen toe hy Steinhoff Huis Marais Vrydag (23 September) met 21-15 geklop het.

’n Vroeë drie deur die Helderberg-stut Gawie Gregory en verdoelskop deur losskakel Henri du Toit het Helderberg 'n voorsprong van 7-0 gegee. Die manne van die Republiek het hul voorsprong vergroot met 'n drie deur skrumskakel Johan Lamprechts, wat ook verdoel is.

Huis Marais het teruggeslaan met 'n drie deur die vleuel Edward Reynierse om die halftydtelling 14-5 te maak.

Huis Marais het selfs nog nader gekom toe die slot Jaco Louw 'n drie aangeteken het, wat deur die skrumskakel Visser Geldenhuys verdoel is. Met die telling op 14-12 kon enigiets gebeur, en dit was 'n oomblik van individuele briljantheid wat die wedstryd se uitkoms bepaal het.

Helderberg se veteraansenter Manus Bester het deur Huis Marais se verdediging gesny en die verdoelskop het die telling 21-12 gemaak. Hoewel 'n strafskop aan Huis Marais toegeken is, kon hulle nie nog 'n drie aanteken nie en was die eindtelling 21-15.

Helderberg sal die Universiteit Stellenbosch nou in 2017 in die Steinhoff Koshuisrugbykampioenskap verteenwoordig.

Puntemakers:

Steinhoff Helderberg – Drieë: Gawie Gregory, Johan Lamprechts, Manus Bester. Doelskoppe : Henri du Toit (3).

Steinhoff Huis Marais – Drieë: Edward Reynierse, Jaco Louw. Doelskop: Visser Gildenhuys. Strafskop: Visser Gildenhuys.​