Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Veilige stofies vir Stellenbosch-gemeenskap – studente begin nominasie-projek
Outeur: Corporate Marketing/ Korporatiewe Bemarking
Gepubliseer: 31/08/2016

As deel van hul Mandela Dag-aktiwiteite het die Universiteit Stellenbosch (US) Studenteraad (SR) het in Julie vanjaar 'n projek bekend gestel wat gesinne 'n skoner, veiliger en goedkoper opsie bied om mee kos te kook as op oop vure. 

Die #Stovesfor10Towns-projek hoop om koste effektiewe Mimi Moto-stofies aan gesinne te skenk wat van vuur of parafien afhanklik is om kos te kook.

Om 'n verdere hupstoot aan die projek te verleen, het die SR het nou ook die #StoveNomination, van stapel gestuur. Deur hierdie projek kan  die besighede genomineer word of mekaar uit daag om so 'n stofie te borg of skenk.

Klik hier vir meer inligting (SR-mediaverklaring).