Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Loopbaanuitstallings 4 en 5 Augustus 2016
Outeur: Marquard Timmy and Wilna Naudé
Gepubliseer: 23/08/2016

Die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste het onlangs die jaarlikse Loopbaanuitstallings op 4 en 5 Augustus in markiestente op die Rooiplein gehou.

Albei dae was 'n reuse sukses!

Ten spyte van die Openbare Vakansiedag op 3 Aug (Munisipale Verkiesings) was die opkoms van beide uitstallers en studente bo verwagting.

Die loopbaanuitstallings bied aan studente die geleentheid om met maatskappye te netwerk en hul brandende vrae oor loopbaangeleenthede en ander loopbaanverwante inligting te vra.

Veertig maatskappye het op 4 Aug by die Rekeningkunde Loopbaanuitstalling 'n uitstalling gehad. Hierdie uitstalling het ongeveer 4 500 besoeke van US studente ontvang.

Weens die Vakansiedag moes die Algemene en Ingenieurs Loopbaanuitstallings noodgedwonge op 5 Augustus gekombineer word. Altesame 59 uitstallers het hier aan studente die loopbaanmoontlikhede by hulle onderskeie maatskappye ten toon gestel. Ogeveer 5 000 besoeke is aan hierdie uitstallings gebring.

Maatskappye het hulle waardering uitgespreek vir hierdie geleentheid en vir die blootstelling wat hulle op kampus verkry.

 

  • Very impressed with level of attendance and quality of students.

  • Nice to see that the students are determined to start their careers.

 

 Fotograaf: ANTON JORDAAN