Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
DASO oorhandig memorandum aan US
Outeur: Corporate Marketing / Korporatiewe Bemarking
Gepubliseer: 15/03/2016

Sowat 20 studente het Dinsdag (15 Maart) deelgeneem aan 'n optog op die kampus van die Universiteit Stellenbosch (US). Die geleentheid is deur die Demokratiese Alliansie Studente-organisasie (DASO) gereël.

Volgens 'n verklaring wat DASA uitgereik het, is die doel van die optog "om ons jaar lange 'Inklusiewe Instelling'-veldtog te begin en bewustheid te skep oor kwessies wat studente raak".

"Ons veldtog en optog sal fokus op kwessie wat studente verhoed om deel te voel aan die Universiteit – soos die onbeskikbaarheid van Halaal-kos in meeste koshuise, genderongelykheid, universele toegang en algemene kwessie wat gestremde studente raak, en natuurlik, die taalbeleid".

Nadat hulle op die Rooiplein byeenkom het, het die studente na die Admin B-gehou gestap om hul memorandum te oorhandig.

Dr Munita Dunn-Coetzee, Senior Direkteur: Sentrum vir Studentevoorligting en Ontwikkeling, het die memorandum namens die Universiteit in ontvangs geneem

Die Universiteit erken die reg van personeel en studente om aan protesaksie deel te neem mits die akademiese en administratiewe aktiwiteite nie ontwrig word nie; dat aksies nie risiko's inhou vir die veiligheid van personeel en studente, of universiteitseiendom nie; en dat daar nie inbreuk gemaak word op die regte van studente om te studeer of klasse by te woon nie.

Sien ook die US se verklarings oor die volgende kwessies:

US reageer op beweerde 'verkragtingskultuur'

US besluit op lewensvatbare voorsiening

Beelde en simbole: skep van 'n verwelkomende kultuur