Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US Grondkunde nagraadsestudente blink uit by Gesamentlike Kongres 2016
Outeur: AG Hardie and CE Clarke
Gepubliseer: 18/02/2016

Die Departement Grondkunde (US) se nagraadse studente en navorsers het uitstekend op die onlangse Grondkundevereniging van Suid-Afrika (GVSA) se Gesamentlike Kongres gevaar wat op Bloemfontein in Januarie 18-20, 2016 gehou is.

Mnr Luan le Roux het die GVSA toekenning vir die beste referaat deur ‘n GVSA lid onder die ouderdom van 30 ontvang. Die titel van sy referaat is: ": “The pedogenesis of bleached topsoils overlying weakly structured subsoils in the Western Cape and Mpumalanga Provinces of South Africa and their significance to Classification" deur JL Le Roux, JJN Lambrechts, F. Ellis, WP de Clercq en C.E. Clarke.

Me Marilee Carstens het die Omnia-toekenning vir die beste grondkunde MSc student aanbieding ontvag. Die titel van haar referaat is: “Chemical and Photometric properties of bleached topsoils occurring on red and yellow-brown apedal subsoils” deur M.E. Carstens, W.P. de Clercq, J.L le Roux en C.E. Clarke.

Dr George van Zijl, dr Andrei Rozanov en dr Freddie Ellis is bekroon met die SSSSA medalje vir die beste grondkunde  wetenskaplike artikel in die Suid-Afrikaanse Joernaal vir Plant en Grond in 2014 gepubliseer is. Die artikel handel oor die MSc werk van George van Zijl wat by die Departement Grondkunde, Universiteit Stellenbosch uitgevoer is. Die titel van die artikel was: “Understanding the combined effect of soil properties on gully erosion using quantile regression”.