Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uistalling van artefakte wat die vroeë geskiendenis van Stellenbosch uitbeeld.
Outeur: Helette van der Westhuizen
Gepubliseer: 16/02/2016

Drostdy.jpg

Die jong vakgebied van Historiese Argeologie het op Stellenbosch begin in 1976 waar die Drostdy (lees Teologiese Kweekskool) 'n uiters belangrike rol beklee.  Kulturele artefakte, wat wêreldwyd versprei is vanaf die Verre Ooste asook Westerse kombuisgoedere, is in dateerbare kontekste gevind en geidentifiseer.

Prof Hendrik Bosman, waarnemende dekaan van die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch nooi u vriendelik na die opening van ʼn uitstalling van artefakte wat op die terrein opgegrawe is en die vroeë geskiedenis van Stellenbosch uitbeeld.

DATUM:
Dinsdag 23 Februarie 2016 om 17:00
PLEK:
Raadsaal (Lokaal 2004), Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, Dorpstraat 171, Stellenbosch
PROGRAM:

17:00

"Waar kulture ontmoet:van die Steentydperk tot Teologiese Seminarium" - Prof Hendrik Bosman

17:15

Kultuurhistoriese betekenis van uitstalling - Prof Matilda Burden

17:30

"Drostdy ondergrawe:Ooste ontmoet Weste in kultuurgoedere" - Mnr Hennie Vos

Verversings sal bedien word.
RSVP asseblief voor Vrydag 19 Februarie 2016 by Helette, hvdwest@sun.ac.za of 021 808 9560