Viable Sourcing
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Lewensvatbare Voorsiening van sekuriteitsdienste vir Stellenbosch Universiteit Kampus, Worcester


Tydens die onderhandeling tussen die Vakbonde en die Universiteit Stellenbosch gedurende 2016 insake inkontraktering en uitkontraktering, het die partye ooreengekom op 'n proses van Lewensvatbare Voorsiening. Lewensvatbare Voorsiening word gedefinieer as die sisteem en proses waardeur die Universiteit op ʼn deursigtige manier, inaggenome die insette van belangegroepe, besluit op die mees geskikte metode vir die verskaffing van essensiële dienste aan die Universiteit. Die Universiteit Stellenbosch is verbind tot ʼn proses van Lewensvatbare Voorsiening wanneer 'n essensiële dienskontrak hernu moet word of wanneer 'n behoefte vir 'n nuwe diens ontstaan . 

Stellenbosch Universiteit Kampussekuriteitsdienste (“Kampussekuriteit") begin hiermee die proses om die mees lewensvatbare voorsiening vir addisionele sekuriteitsdienste te verkry. As deel van die Lewensvatbare Voorsieningsproses word insette verlang van belangegroepe of enige partye wat moontlik geraak kan word deur die voorsiening. Persone wat wil insette lewer, word versoek om geskrewe voorleggings aan Riaan Malan, Senior Aankoper, via e-pos by rmalan@sun.ac.za​ te stuur of om voorleggings aan hom by afdeling Aankope & Voorsieningsdienste (Merrimanlaan) in te dien, teen 15 November 2018.  Persone wat ook in persoon insette wil lewer moet asseblief so aantoon en kontakbesonderhede verskaf. Hierdie voorleggings sal deel vorm van die evaluering van die Lewensvatbare Voorsieningsopsies.​

Ten einde lewensvatbare opsies te vergelyk sal 'n tender uitgereik word aan sekuriteitsmaatskappye. Aangesien die US nie beskik oor al die kundigheid, buigsaamheid en statutere bevoegdhede wat professionele sekuriteitsdienste bied nie, benodig Kampussekuriteit assistering.

Kampussekuriteit benodig sekuriteitsdienste vir die assistering en voorsiening van:

  • Buigsame kapasiteit patrolliedienste om die flukturerende behoeftes aan sekuriteitsdienste te ondersteun in ooreenstemming met die akademiese jaar se wisselende program, soos met eksamens, byeenkomste, funksies, projekte en risiko profiel.
  • Kundigheid en ervaring in sekuriteitsdienste soos kringtelevisie moniteringsstelsels, Opskamer kundigheid, afstandmonitering, sekuriteits- en alarm sagteware en ervaring.
  • Vaardigheid, vermoë, bevoegdheid en ondervinding om personeel volgens die statutêre regulasies te assesseer en te registreer.
  • Vaardigheid en kundigheid om geakkrediteerde sekuriteitsopleiding aan te bied.
  • Plaaslike gewapende reaksie-diens wat reageer op gewapende bedreigings op versoek.
  • Gespesialiseerde konsultasie en adviesdienste, veiligheid en sekuriteitsrisiko-assesserings vir sekuriteits by groot byeenkomste, sekuriteitstegnologie-tegniese advies, voorsiening van tegnologie bv. radios, selfone en paniekknoppies en algemene dienslewering deur gekwalifiseerde en statutêr geregistreerde sekuriteitspersoneel by Stellenbosch Universiteit Kampus, Worcester. 
​​

​Die voorstelle sal op die volgende kriteria beoordeel word:

  • Bewese ondervinding in die bestuur en toesighouding van 'n omvattended sekuriteits oplossing in Worcester.
  • Vermoë om diens te lewer ten opsigte van beheerkamer, CCTV, alarm moniteering en reaksie tyd.
  • Geregistreer en in statutêre goeie verhouding met die sekuriteitsreguleringsowerheid.
  • Finansiele Volhoubaarheid van voorstel
  • Verwysings van 3 huidige kliënte
  • BBSEB gradering
  • Bewese menswaardigheid protokolle en bestuurspraktyke toegepas in die bestuur van menslike hulpbronne.
  • Volledige dokumentasie ingedien​