Die US kan weens veiligheidsredes nie inligting oor alle veiligheidsmaatreëls verskaf nie. Meer as 60 interne veiligheidsbeamptes patrolleer egter saam met meer as 200 gespesialiseerde sekerheidskontrakpersoneel die Universiteitskampusse.
Saamstapdiens
Die US bevorder aktief die Universiteit se saamstapdiens wat elke aand vanaf 18:00 beskikbaar is. Studente kan versoek om in die aand deur ’n veiligheidsbeampte vergesel te word wanneer hulle tussen geboue of oor parkeerterreine op kampus stap. Hierdie gratis diens is regdeur die jaar op kampus beskikbaar. Studente kan die saamstapdiens versoek deur ’n WhatsApp-boodskap na 082 808 2333 te stuur.
'n Bykomende "saamstap-sneldiens" is ook gedurende assesseringstye daagliks vanaf 19:00 op die uur beskikbaar. Studente kan by die veiligheidskiosk buite die Jan Mouton-gebou bymekaarkom, vanwaar 'n veiligheidsbeampte groepe na verskeie bestemmings op kampus sal vergesel. (Hierdie diens vervang nie die normale saamstapdiens nie.)
Kampuspendeldiens
Die Universiteit moedig studente aan om die nagpendeldiens te gebruik wat daagliks vanaf 18:00 tot 02:00 op kampus beskikbaar is. Die pendelvoertuig vertrek elke uur op die uur vanaf die Neelsie-parkeerterrein en ry binne 'n radius van 6 km vanaf die kampusgebied om studente veilig by hulle woonplek of studenteverblyf te besorg. Hierdie diens is gratis, maar studente moet die diens vooraf bespreek. Klik
hier vir die pendelskedule. Hierdie diens is nie gedurende reses beskikbaar nie.
Daar is ook 'n daaglikse pendeldiens vanaf 07:00 tot 17:00 beskikbaar vir studente. Vind die skedule
hier.