Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​Jongste nuus oor handelsmerkbelynde Canva-template

Die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking is tans besig om die reeks Canva-template wat met die Universiteit Stellenbosch se handelsmerk belyn is, by te werk. Die template wissel van baniere vir sosiale media tot advertensies. Die gebruik van hierdie template verseker konsekwentheid en verminder reputasierisiko.

priority_high_24dp_FFFFFF.svgDie bygewerkte reeks Canva-template sal teen die begin van 2025 bekikbaar wees.


​​


​ ​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Stellenbosch University Corporate Identity
​​​

Universiteit Stellenbosch-handelsmerk​​​​

Streef. Ontdek. Saam.

Hierdie blad bied jou die riglyne en gereedskap om in jou daaglikse kommunikasie ons
visuele identiteit te implementeer en ons handelsmerkposisionering oor te dra.

Gebruik die blad só ​​

Wanneer jy inhoud en boodskappe vir die Universiteit skep, raadpleeg die afdelings onder 
Handelsmerkposisionering om ons kommunikasiestyl akkuraat vas te vang.

Wanneer jy ons logo, leuse en handelsmerkgrafika gebruik, raadpleeg die afdelings onder
 Visuele kommunikasie
om ’n konsekwente beeld uit te dra.​

 Let asseblief daarop dat slegs gebruikers met Universiteit Stellenbosch-aanmeldbesonderhede die
dokumente 
sal kan aflaai.​


 

Snelskakels

​​​

Nog steeds op soek na iets?

Ons volg ’n gefasseerde benadering tot die handelsmerkhernuwing. Daarom is sommige bates nog in wording. Ons werk egter tans hard daaraan om dit so gou moontlik beskikbaar te stel. Ons sal deurlopend ontbrekende aflaaibare template byvoeg. Hou dus hierdie ruimte dop en bly op hoogte van die jongste verwikkelinge deur die Universiteit se nuuskanale te volg.​​

Kom ons pak jou handelsmerkidentiteitsbehoeftes ​saam aan ​​

Benodig jy en jou span leiding en wil julle die kern van die handelsmerk van die Universiteit Stellenbosch beter verstaan? Hetsy dit die kweek van ’n handelsmerkgesentreerde denkwyse ten opsigte van ontwerp of die skep van inhoud behels of om dieper te delf in die fynere detail van die toepassing van ’n handelsmerk, ons is daar om julle ondersteun. Tree met ons Handelsmerkspan in verbinding om ’n pasgemaakte werksessie te reël wat jou departement se spesifieke behoeftes aanspreek. Kontak ons vandag nog!​

pdf.png​Word 'n n handelsmerkghoeroe deur hierdie eenvoudige stappe te volg

Kontak
email icon.jpg branding@sun.ac.za​​​

    Handelsmerkposisionering

CI webpage blocks_AFR-01.jpg



​Visuele kommunikasie

CI webpage blocks_AFR-02.jpg

Brand content.jpg

​​

​  ​










​​​​​