Archive
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Departement Afrikaans en Nederlands Middaguurgesprek
Begin: 09/10/2014, 13:00
Einde: 09/10/2014, 14:00
Kontak: -
Plek: Lokaal 693, sesde verdieping, Letteregebou

​Alettie van den Heever ondersoek Lauren Beukes se roman Zoo City tydens die Departement Afrikaans en Nederlands se Middaguurgesprek vir Oktober. 

Die titel van haar gesprek is: "Bloot verbeeldingryk of aardskuddend anders? 'n Ondersoek na Lauren Beukes se Zoo City binne die raamwerk van heterotopiese literatuur".

Alle kollegas, studente en belangstellendes is baie welkom om hierdie geleentheid gratis by te woon.

Die Middaguurgesprek word in lokaal 693, op die sesde verdieping van die Letteregebou aangebied, en begin om 13:00.