Archive
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Departement Afrikaans en Nederlands Middaguurgesprek
Begin: 01/10/2015, 13:00
Einde: 01/10/2015, 14:00
Kontak: -
Plek: Lokaal 693, Lettere en Sosiale Wetenskappe-gebou

​Die Departement Afrikaans en Nederlands nooi alle belangstellendes hartlik uit na 'n Middaguurgesprek op Donderdag 1 Oktober 2015. Die tema van die gesprek handel oor literêre grensverkeer tussen Nederlands en Afrikaans en fokus spesifiek op Daniel Hugo as "gatekeeper".

Prof. Yves T'Sjoen van die Universiteit Gent in België is die hoofspreker by die geleentheid, en hy tree met prof. Ronel Foster in gesprek.

Alle kollegas, studente en lede van die publiek is baie welkom om hierdie gesprek by te woon. Die besonderhede is as volg:

Datum: Donderdag 1 Oktober 2015

Tyd: 13:00

Plek: Lokaal 693, Lettere en Sosiale Wetenskappe-gebou

Vir meer inligting, besoek gerus ons Facebook-blad: Departement Afrikaans en Nederlands - US