Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Strategiese Fonds 2024
Die Strategiese Fonds word jaarliks befonds uit ’n persentasie van die institusionele befondsingsblok van die hoofbegroting. Vir 2024, as gevolg van die institusionele finansiële uitdagings en beperkings, is ’n strategiese uitvoerende besluit geneem om hierdie persentasie eerder aan ander kritiese institusionele uitgawes toe te wys. Die effek van hierdie besluit is dat, aangesien geen fondse toegeken sal word nie, daar ongelukkig nie gedurende 2024 geleentheid sal wees om vir ondersteuning uit die Strategiese Fonds aansoek te doen nie. U kan dus die Strategiese Fondsdatums uit u dagboek verwyder.

2024-Fokus van die Strategiese Fonds

Bo en behalwe die dag-tot-dag bestuur van die Strategiese Fonds en sy bestaande toekennings, en ten einde momentum gedurende 2024 te behou, sal die Strategiese Fondskantoor fokus op 1) ’n impakanalise van al die toekennings sedert 2019 en 2) die finalisering van ’n platform wat aanlynaansoeke sal moontlik maak en wat ook as ’n basis sal dien vir die bestuur van goedgekeurde projekte. Beide die analise en platform sal op al die Strategiese Fondskategorieë fokus en sal ook die verbetering van die proses en toekenningsmetodes in die toekoms moontlik maak.

Stuur asseblief ‘n e-pos aan die Strategiese Fondskantoor by sustratf@sun.ac.za indien daar verdere navrae is.​