Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Doen aansoek vir toesighou-diens tydens die Mei 2024 assesseringsperiode

​DOEN AANLYN AANSOEK VIR TOESIGHOU-DIENS TYDENS DIE MEI 2024 ASSESSERINGSPERIODE BY UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

Die assesseringsperiode vind plaas vanaf Maandag, 20 Mei 2024 tot Vrydag, 28 Junie 2024.
Die aanlyn aansoekproses is tans oop en sluit outomaties op Vrydag, 19 April 2024 om 16:30.
Aansoekvorms is slegs aanlyn beskikbaar. Geen harde kopie aansoekvorms is beskikbaar nie.
Aansoekers moet asseblief alle afdelings op die aanlynvorm voltooi op óf voor die sluitingsdatum.
Slegs mense buite die Universiteit (eksterne aansoekers) mag aansoek doen.

Minimum kwalifikasievereiste is Matriek.

Vergoeding:

  • R280 per assesseringsessie/ R330 per ekstra skryftyd – assesseringsessie vir toesighouers, en
  • R380 per assesseringsessie/ R430 per ekstra skryftyd – assesseringsessie vir senior toesighouers.

Suksesvolle aansoekers moet

  • die volle duurte vir alle opleiding- en inligtingsessies bywoon
  • elke dag beskikbaar wees vir die volle duurte van die assesseringsperiode (20 Mei tot 28 Junie 2024)

Kontak mnr Gary Kirsten by garyk@sun.ac.za vir enige verdere navrae.

Sien die skakel hieronder tot die aanlyn aansoekvorm vir toesighouers:


Klik hier om aansoek te doen​