Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nuut ondertekende ooptoegangooreenkomste (Read and Publish)

Ons maak graag bekend dat nog twee ooptoegangooreenkomste (read and publish)​ onlangs bykomend tot bestaande ooreenkomste onderteken is. Hierdie ooreenkomste brei leestoegang uit en bied oop-toegangspubliseermoontlikhede vir personeel en studente van die Universiteit van Stellenbosch. Outeurs kan met afslag in volkome ooptoegangtydskrifte publiseer en in hibriede tydskrifte sonder om publikasiekoste te betaal.


Die volgende ooreenkomste was onderteken:

​1. Taylor & Francis (T&F) ooptoegangooreenkomste  (Read and Publish)

Hierdie ooreenkoms het in 2024 'n aanvang geneem. Dit is 'n drie jaar ooreenkoms (2024-2026)

Die ooreenkoms bied leestoegang tot byna 2 000 tydskrifte in T&F se Sosiale en Geesteswetenskappe (SSH) en Wetenskap en Tegnologie (S&T) pakkette. Daarbenewens kan kwalifiserende, geaffilieerde outeurs hul artikels met oop toegang in alle Taylor & Francis Open Select (hibriede) tydskrifte publiseer sonder om publikasiekoste te betaal. Kwalifiserende outeurs wat in die volkome oop Taylor & Francis-tydskrifte publiseer, sal 'n afslag van 10% op die publikasiekoste kry. Lees die volledige persvrystelling hier.

 

2. Company of Biologists Ooptoegangooreenkomste (Read and Publish)

Hierdie ooreenkoms het in 2024 'n aanvang geneem.  Dit is 'n drie jaar ooreenkoms (2024-2026).

Volgens hierdie ooreenkoms kan korresponderende outeurs van die SU gemeenskap 'n onbeperkte aantal navorsingsartikels as oop toegang publiseer in die uitgewer se hibriede tydskrifte (DevelopmentJournal of Cell Science en Journal of Experimental Biology) en hulle volledig ooptoegangtydskrifte (Disease Models & Mechanisms en Biology Open) . Outeurs sal nie gevra word om enige publikasiefooie te betaal nie. Navorsers sal ook voordeel trek uit onbeperkte toegang tot die uitgewer se hibriede joernale, insluitende hul volledige argiewe wat tot 1853 terugdateer. Lees die volledige persvrystelling hier.

 

Kontakbesonderhede:

Raadpleeg asseblief ons biblioteekgids vir ooptoegangpublikasie vir meer inligting oor die uitgewers en vir 'n lys van titels wat deur ooptoegangooreenkomste gedek word. Navrae oor die ooreenkomste kan gerig word aan die Bestuurder: Wetenskaplike Kommunikasie en Oop Toegang, Tel: 021 808 9907.​