Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gesamentlike Stellenbosch-Warwick-saaikapitaalfonds

Die Stellenbosch-Warwick-saaikapitaalfonds is 'n samewerkingsprojek tussen die Universiteit Stellenbosch (US) en die Universiteit van Warwick. Die fonds is tot stand gebring om innovasie, navorsing en akademiese vennootskappe aan te moedig, en bied aanvangsfinansiering aan innoverende nuwe projekte op gebiede van gemeenskaplike kundigheid by die twee instellings.

Belangstellende US-navorsers word genooi om aansoek te doen om stigtingskapitaal van tot R100 000 vir Stellenbosch-verwante uitgawes en £5 000 vir Warwick-verwante uitgawes. 

Aansoekers word aangeraai om in hulle voorstelle aan te dui hoe die fonds se doelwitte so doeltreffend moontlik bereik kan word, selfs al kos dit minder as die maksimum finansieringsperk. Ons ontvang graag jou innoverende idees en samewerkingsvoorstelle.

Belangrike datums:

Gefinansierde projekte sal 'n maksimum tydsduur van 24 maande hê. Suksesvolle projekte uit die April 2024-aansoekronde sal na verwagting vanaf 1 Augustus 2024 'n aanvang neem en teen 31 Julie 2026 ten einde loop.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 26 April 2024

Doen hier aansoek: https://warwick.ac.uk/global/africa/fundingopportunities/stellenboschwarwickseedfund/applicationform/

Vir verdere inligting, gaan na https://www.sun.ac.za/english/SUInternational/comprehensive-partnership-activities.