Die Universiteit Stellenbosch (US) se Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings (SVBL) bied vanaf volgende week Befondsing 101 inligtingsessies aan en ons moedig alle beursbefondsde voorgraadse studente aan om dit by te woon, veral diegene wat aansoek gedoen het vir, of ontvangers is van, US-befondsing , SETA-beurse, Funza Lushaka, NSFAS en ander.
Dit is 'n geleentheid om kennis op te doen wat studente sal help om hul finansiële omstandighede gedurende die jaar te bestuur - 'n stap na finansiële selfbemagtiging. Van US-befondsing, NSFAS en studielenings, sal ons ook huurooreenkomsprotokol, toelaes en uitbetalings, en administrasievereistes (NSFAS-toestemmingsvorms en appèlproses) dek.
WAAROM Befondsing 101: Maklike stappe om jou finansiële omstandighede te bestuur.
WAT 'n 50-minute inligtingsessie: 2 per dag
WANNEER Woensdag, 14 tot Vrydag, 16 Februarie 2024
WAAR Stellenbosch-kampus – verskeie lesinglokale
HOE Bespreek jou sitplek deur die SUNSurvey-skakel te klik, wat op Donderdag, 8 Februarie 2024 aan alle voorgraadse studente gestuur sal word. Hou dus asseblief jou US-e-posbus dop.
Studente word versoek om een Funding 101-inligtingsessie (eerste- of seniorjaartydgleuf) te kies om hul bywoning te bevestig. Aangesien spasie beperk is (250 sitplekke per sessie), is daar ook die opsie om aanlyn via Teams by te woon. Besprekings open op Vrydag, 9 Februarie 2024.
Woensdag, 14 Februarie 2024
10:10 – 11:00 JS Marais 1002 Eerstejaarstudente
13:10 – 14:00 Krotoa 1001 Senior studente
Donderdag, 15 Februarie 2024
08:10 – 09:00 Jan Mouton 1013 Eerstejaarstudente
12:10 – 13:00 Krotoa 1001 Senior studente
Vrydag, 16 Februarie 2024
12:10 – 13:00 Krotoa 1001 Eerstejaarstudente
15:10 – 16:00 Krotoa 3001 Senior studente
Daar sal tyd wees vir vrae en antwoorde, en ons sien uit daarna dat studente by ons aansluit … en 'n paar kan gelukkige deelnemers kan wegstap met heerlike pryse wat te wen gaan wees!
Vir navrae, skakel asseblief US Kliëntediens by 021 808 9111 of e-pos info@sun.ac.za en sluit dan asseblief jou US-studentenommer (#) in die onderwerplyn, # / Befondsing 101-inligtingsessienavraag in.