Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) Inligtingsessies en Kapasiteitsbouprogram 2024

Die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) se taak is om effektiewe navorsingsontwikkeling en -ondersteuningsgeleenthede aan US navorsers (insluitende akademiese personeel, na-doktorale genote en nagraadse studente) te bied, en om die navorsingsportefeulje aan die Universiteit in geheel te bevorder. Ons strewe daarna om `n effektiewe, professionele en waardevolle diens aan ons navorsingsgemeenskap te bied en om in venootskap met ons navorsers `n bydrae te maak tot Navorsing vir Impak as een van die kern strategiese areas soos uiteengesit in die US se Visie 2040. Die doel van ons inligtingsessies is om aan US navorsers gedetailleerde inligting te gee oor die navorsingsverwante ondersteuning en dienste wat deur die ANO gebied word. Ons kapasiteitsbouprogram is pasgemaak volgens gereelde behoeftebepalings van opleiding wat benodig word in sekere aspekte van die navorsingsproses.

Vind die skedule vir die 2024 inligtingsessies en kapasiteitsbouprogram by die volgende skakel: ​https://bit.ly/42glZrl ​
 
Advertensies met meer inligting en RSVP details sal voor elke sessie uitgestuur word.

Kontak gerus vir Fadwha Patel (fadwha@sun.ac.za) of Maryke Hunter-Hüsselmann (mh3@sun.ac.za) met enige navrae.