Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Belangrike inligting met betrekking tot verlof

Personeel word versoek om asseblief kennis te neem van die volgende belangrike inligting met betrekking tot verlof.​ 

Sperdatum vir goedkeuring van verlofaansoeke vir die tydperk Desember 2023 tot Januarie 2024

Ons versoek vriendelik dat lynbestuurders sorg dat alle verloftransaksies vir Desember 2023 en Januarie 2024 teen 31 Desember 2024, goedgekeur word.

Halwe dag op 22 Desember 2023

Aangesien die Universiteit om 12:00 op Vrydag 22 Desember 2023 sal sluit, sal verlof vir daardie dag as halfdagverlof beskou word. Dít beteken dat personeellede wat nie die Vrydagoggend werk nie 'n halwe dag se verlof op die stelsel moet vaslê.

Indien jy 'n langer tydperk verlof neem wat 22 Desember insluit, sorg asseblief dat jy die getal verlofdae op jou aansoek met 0,5 (ʼn halwe dag) verminder.

Die stelsel bereken outomaties alle dae as volle dae. Dit is dus elke personeellid se plig om toe te sien dat hulle die korrekte getal dae vaslê voordat hulle die verlofaansoek vir goedkeuring indien.

Ons versoek ook asseblief dat lynbestuurders die getal verlofdae op aansoeke nagaan voordat hulle verlof goedkeur.

Twee transaksies nodig vir aaneenlopende verlof oor die tydperk Desember 2023 tot Januarie 2024

Indien jy beoog om aaneenlopende verlof oor die tydperk Desember 2023 tot Januarie 2024 te neem, moet jou aansoek as twee aparte transaksies vasgelê word, naamlik: 

•        een transaksie vir verlof in Desember 2023; en

•        nóg 'n transaksie vir verlof in Januarie 2024

Indien jy gedurende die vaslegging van Januarie-verlof 'n boodskap kry dat jou “PTO net entitlement" tot minder as nul verminder sal word, gaan asseblief voort en voltooi jou transaksie. Klik bloot op “Next" en “Submit" om jou versoek af te handel. Die waarskuwing verskyn omdat jou verlofsaldo van 2023 nog na 2024 oorgedra moet word.

Dít gebeur op 31 Desember 2023, wanneer die stelsel outomaties jou verlofsaldo vir Januarie 2024 sal regstel.

Die Universiteit heropen amptelik op Dinsdag 2 Januarie 2024

Verlofuitbetalings in Januarie 2024

Menslike Hulpbronne bereken die verlofsaldo-oordrag na die volgende jaar (2024) op die laaste dag van die huidige jaar (2023), en dus sal opgehoopte saldo's vir 2023 eers in Januarie 2024 beskikbaar wees. Aansoeke om verlofuitbetalings teen die einde van Januarie 2024 (van toepassing op permanente aanstellings wie se diensvoorwaardes daarvoor voorsiening maak) moet daarom eers in Januarie ingedien word.

Die opsie “SUN Accum Leave Encashment JV" op die stelsel is aangepas om outomatiese goedkeuring moontlik te maak. Dien asseblief jou aansoek voor of op 11 Januarie 2024 in vir uitbetaling saam met jou vergoeding van 26 Januarie 2024. 

•        Aansoeke om uitbetaling van tot en met 19 dae moet op die Oracle SUN selfhelpplatform vir werknemers ingevoer word.

•        Aansoeke om uitbetaling van 20 of meer dae moet op hierdie vorm geskied. Werknemers wat 'n papieraansoek om verlofuitbetaling voltooi, moet sorg dat die vorm Menslike Hulpbronne voor 11 Januarie 2024 bereik sodat die aansoek betyds verwerk kan word.

Indien jy wil hê dat ons enige van die inligting in hierdie kennisgewing verder moet verduidelik, kontak gerus Menslike Hulpbronne se Kliëntedienssentrum by 021 808 2753 of
sun-e-hr@sun.ac.za