Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uitnodiging: Eenheid vir Gelykwaardigheid werkswinkel vir personeel
Uitnodiging: Eenheid vir Gelykwaardigheid werkswinkel vir personeel

Stel jy belang om meer te wete te kom oor sosiale geregtigheid en hoe jy verandering op kampus kan bewerkstellig? Die Eenheid vir Gelykwaardigheid sal in 2023 drie werkswinkels aanbied en jy word uitgenooi om dit by te woon.

Die werkswinkels sluit verskeie sosiale geregtigheidstemas in en verskaf verder ook inligting oor die dienste wat die Eenheid vir Gelykwaardigheid bied. Dit sal deelnemers 'n beter begrip en kennis gee van onbillike diskriminasie, geslagsgebaseerde geweld, werksplek-afknouery, seksuele teistering, seksualiteite en geslag, en ook riglyne uiteensit oor hoe om voorvalle van onbillike diskriminasie en teistering te verwys en aan te meld.

Die werkswinkels is slegs op personeel gemik en is gratis om by te woon. Belangstellende personeel sal hierdie sessies verlaat met 'n beter begrip van hoe om onbillike diskriminasie, afknouery, seksuele teistering, viktimisering en GBV te definieer en te herken. Jy sal ten volle toegerus wees om studente en personeel na die Eenheid vir Gelykwaardigheid te verwys en by te staan.

Werkswinkel datums:
• Donderdag 6 April 2023 (naby Stellenbosch kampus)
• Donderdag 1 Junie 2023 (naby Tygerberg kampus)
• Donderdag 2 November 2023 (naby Stellenbosch kampus)

Registreer vir die werkswinkels op die SUN-E-HR-opleidingsportaal deur die onderstaande stappe te volg:
• Opleiding en ontwikkeling
• Leerder tuis
• Kursuskatalogus
• Equality Unit
• Kies voorkeurdatum en skryf in vir die werkswinkel

Vir meer inligting, kontak Michelle Munro, MIV- en Seksualiteitsportefeuljebestuurder by die Eenheid vir Gelykwaardigheid by michellem@sun.ac.za.