Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gemeenskaplike Mensheid - Menslike Verbondenheid in n Komplekse Wereld

Die interdissiplinêre Gemeenskaplike Mensheid bied jou 'n unieke geleentheid om sewe kritieke vraagstukke te verken. Elk vraagstuk fokus op 'n globale mensheidkwessie waarvoor oppervlakkige antwoorde nie werk  nie. Omdat daar nie handboekantwoorde bestaan nie, word jy ingetrek by 'n multidissiplinêre proses van ervaringgerigte leer saam met studente uit ander fakulteite en met ander wêreldbeskouings. Jy sal, aan die hand van kritiese denke en skeppende visionering van ander moontlike perspektiewe, kritiese vrae aan jouself stel oor “hoe die wêreld van buite my eie vertolkingsraamwerk daar moet uitsien".

Gemeenskaplike Mensheid daag jou begrip en ingesteldheid uit om instaatstellende omgewings te vorm waarin moontlikhede ontkiem namate jy met die sewe kritieke vrae omgaan. Jy gaan nadink oor die menslike toestand, ons vermoë om onregverdige stelsels te repliseer - vergesel van (self)beperkende oortuigings. Jy sal omgaan met die gedagte van burgerleierskap en hoe dit 'n lewenskragtige demokrasie laat vorm aanneem wat 'n meganisme vir sosiale geregtigheid is.

Ansoek sluit 28 February 2023

SU & MILAC: https://forms.office.com/pages/responsepage.aspx?id=Azv6pjwKWEKEM6Eg3_zTSB0w5Qs4pJ5OhWs1OZ8zZIdUNEQxNkswU0xKRVI0UlRYNUNBRTFGWVFCWC4u

FMHS: https://forms.office.com/Pages/ResponsePage.aspx?id=Azv6pjwKWEKEM6Eg3_zTSJKbgyaLpNxPoWODOc4bm0VUOTVKTVVYVEoyUzRGV0FVNlkzVFJaNjJIUy4u