Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Biblioteek- en Inligtingsdiens jaarverslag 2021

Die Biblioteek- en Inligtingsdiens deel graag sy Jaarverslag 2021 met u. Hierdie jaarverslag bevat inligting oor die aktiwiteite wat die Biblioteek onderneem het om sy strategiese doelwitte, wat belyn is met die Universiteit se Visie 2040 en die Strategiese Raamwerk 2019-2024, te bereik. Lees meer oor ons nuwe dienste, ruimtes en versamelings, ingesluit die US Biblioteek se Innovasieruimte, die SUNLearn-geïntegreerde kursusleeslysstelsel, die Noseweek- en die Suid-Afrikaanse Buitelandse Skuldkrisis 1985/6-versamelings, mylpale van die afdeling Digitale Akademieskap, Digitale humaniora, ʼn virtuele uitstalling oor volksboukunde, die selfuitreik-en-terugbesorgdiens en ʼn navorsingsdatabestuur-avontuurspeletjie. Ons personeel gaan voort om groot vordering op nasionale en internasionale gebied te maak.

Vir meer inligting kontak Bronwyn Bruton e: bronwynb@sun.ac.za | t: +27 21 808 9528