Vroue se ervarings van verkragtingskultuur op kampus: wat kan ons leer as ons kyk na een Suid-Afrikaanse universiteitskampus?
Die Eenheid vir Godsdiens- en Ontwikkelingsnavorsing (EGON), die Eenheid vir Gelykwaardigheid, die Transformasiekantoor, die Afdeling Studentesake en die SU Anti-GBV Movement nooi jou na die bekendstelling van ‘n aanlyn-uitstalling van geselekteerde bevindinge van ‘n navorsingsprojek gelei deur EGON. Geselekteerde fotos, teks en klankmateriaal word uitgestal wat die volgende navorsingsvraag beantwoord: “Hoe word die drywers van verkragtingkultuur op kampus verstaan en ervaar deur vrouestudente by Stellenbosch Universiteit?” Die navorsingsprojek het ‘n innoverende metodologie gebruik – PhotoVOICE 2.0 – en saamgewerk met vrouestudente by Stellenbosch Universiteit om ‘n beter verstaan te ontwikkel van die onderliggende drywers van verkragtingskultuur op kampus.
Datum: Donderdag, 30 September 2021
Tyd: 17:00 – 18:00
As jy hierdie aanlyn-bekendstelling wil bywoon, registreer asseblief
hier.
Vir enige navrae, kontak asseblief eleroux@sun.ac.za.