‘n Vorige skrywe soos ontvang
vanaf die Departement van Hoër Onderwys & Opleiding (DHOO) omtrent die
identifisering van roofjoernale en weerhouding van subsidie vir publikasies in
hierdie joernale verwys. In hierdie skrywe het DHOO twee lyste van joernale
geïdentifiseer nl ‘n lys van joernale wat sonder twyfel as roof joernale
uitgewys word asook ‘n lys van joernale wat moontlik roofjoernale is. In beide
gevalle is subsidie vir 2016 publikasies in hierdie joernale weerhou. Na hewige
reaksie uit ‘n verskeie van oorde (veral in die geval van die tweede lys van
moontlike roof joernale en die feit dat daar geen aanduiding gegee is oor die
kriteria wat gebruik is vir die samestelling van hierdie lys nie) het DHOO ‘n
daaropvolgende skrywe uitgereik waarin die aanvanklike skrywe herroep is (sien
meegaande amptelike korrespondensie in dié verband).
U is welkom om me Daléne
Pieterse (mver@sun.ac.za) te kontak indien
u enige navrae het.