Die Raad is in kennis gestel van die volgende veranderinge in die topbestuursvergaderings vir 2018:
Uitvoerende bestuursvergaderings
- Daar sal weggedoen word met die RBS in sy huidige vorm, en die benaming 'Rektor se Bestuurspan (RBS)' sal nie meer gebruik word nie.
- Die US se uitvoerende bestuur sal as 'die Rektoraat' bekend wees. Dit sal uit die uitvoerende lede bestaan, met die Registrateur en Uitvoerende Bestuurder: Rektoraat as steunpersoneel.
- Rektoraatsvergaderings vind vanaf 2018 elke tweede week plaas.
- Kern- senior bestuurders kan na die tweeweeklikse Rektoraatsvergaderings genooi word om kwessies in hulle onderskeie portefeuljes bekend te stel, te motiveer of toe te lig.
Algemene Bestuurskomitee
- Algemene Bestuurskomitee- (ABK-)vergaderings – wat uit die Rektoraat, dekane en senior bestuurders van die PASD-omgewings bestaan – sal een keer per kwartaal gehou word.
- Die werksaamhede van die algemene bestuursvergaderings sal herbepaal word in 'n hersiene reglement.
- Die Registrateursafdeling sal die sekretariaat voorsien.