Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Science Today 2017: Skryf nou in

​Is jy passievol oor jou vakgebied en wil jy 'n breë gehoor daaroor inlig? Dan is Science Today vir jou.

Science Today, in sy tweede bestaansjaar, is 'n opleidingsprojek vir persone wat oor wetenskap skryf. Dit word bestuur deur die bekroonde wetenskapjoernalis Sarah Wild. Hulle kies 20 nagraadse studente verbonde aan Suid-Afrikaanse universiteite en werk saam met hulle om artikels te skryf vir populêre media.

Hierdie artikels sal opgeneem in 'n bylaag met "Suid-Afrika se beste nagraadse wetenskapsartikels".

Dien jou inskrywing hier in.

Besoek hul webwerf hier

Die fynskrif:

  • Science Today is oop vir enige nagraadse wetenskapstudent verbonde aan 'n Suid-Afrikaanse universiteit.
  • Die student moet met 'n meesters- of doktorsgraad besig wees. Honneursstudente sal nie aanvaar word nie.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal.