Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Volhoubaarheidsfokus vir Maart: Studente-aktiwiteite

Daar is 'n groep studente op die Tygerberg-kampus wat aktief betrokke is by die Fakulteit se Groenkomitee.

Die studentegemeenskappe neem beurte om elke maand te sorg dat daar 'n volhoubaarheidsfokus op kampus is, gereël rondom dae wat wat wêreldwyd erken word, soos byvoorbeeld Wêreldwaterdag op 22 Maart.

Hulle vorm ook deel van die groep wat aktiwiteite vir Aardeweek (17-22 April) en Boomplantweek (4-8 September) reël.

In hul onderskeie koshuisomgewings moedig hulle projekte aan wat 'n volhoubare lewenstyl help kweek.

Volg die studente se planne op die TSR se Volhoubaarheidsblad op Facebook: https://www.facebook.com/tygerbergsustainability/

VIDEO: In hierdie video bespreek 'n paar studenteleiers wat hulle beplan om te doen om 'n groter bewustheid oor omgewingsvolhoubaarheid te skep, nie net op kampus nie, maar ook spesifiek in hulle onderskeie gemeenskappe.